On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-bulletin 13:30 14 Maart 2019

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:46 Thu, 14 Mar 2019

Landbounuus-bulletin 13:30 14 Maart 2019 | News Article

Die Departement van Water en Sanitasie doen 'n ernstige beroep op besproeiingsboere in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes om te hou by hul bestaande waterkwotas.

Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau,sê al het dit in gebiede in die sentrale binneland gereën, moet boere in ag neem dat die algehele vlak van damme in dié stadium steeds laer teenoor verlede jaar se vlakke is. Hy sê boere se waterverbruik is van kritiese belang vir bestaande waterstelsels. 

Ratau sê die algehele vlak van damme in die Noord-Kaap het van 76,3% verlede jaar na 52,9% tans gedaal. Daar was ook 'n groot afname in die vlakke teenoor verlede week se 59,7%. 

In Noordwes het die algehele vlak van damme ook afgeneem van 61,8% verlede week na 61,5% vandeesweek. Die algehele vlak van damme in dié provinsie was 'n paar weke gelede 66,9%. 

EN

Graan SA werk hard om 'n oesversekeringsubsidie vir primêre graanboere in plek te kry as 'n maatreël om hulp aan die produsente, wat swaar geraak word deur uiterste klimaatstoestande, te ondersteun. 

Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA (GSA), Dirk Strydom, sê primêre graanboere in droogtetoestande het hulp in die vorm van geld nodig. Hy sê die afgelope week se reën in gebiede in die sentrale binneland was broodnodig vir plantgroei, maar nog opvolgreën is nodig. 

Hy sê ryp kan later in reëntoestande voorkom, maar daar is ook 'n gevaar dat vroeë ryp met die koeler toestande kan voorkom. Strydom meen indien vroeë ryp dié seisoen 'n faktor is, die omvang van skade vir graanboere in die westelike somerproduksiegebiede groter gaan wees teenoor vorige jare ten opsigte van ryptoestande. 

EN

Nog niemand is in hegtenis geneem in verband met 'n voorval waarin meer as 200 stuks wild in kampe op Mulati-wilddienste se plaas buite Brits in Noordwes doodgebrand het nie. 

Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê 'n klag van brandstigting word ondersoek en alle leidrade word opgevolg. Intussen sê Mulati-wildienste se eienaar, Gustav Strydom, dat 'n versekeringsmaatskappy besig is om die omvang van die skade te bepaal. 

Hy sê slegs die kampe waarin zebras, hartebeeste, wildebeeste, njalas, en volstruise aangehou is, het Maandagaand in die slag gebly. Dié diere sou eerskomende Saterdag op 'n wildsveiling aangebied word.   

 Strydom, sê dit is 'n groot slag.

 

OFM Nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.