On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vrystaatse damvlakke effe meer stabiel

───   13:00 Thu, 14 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Vrystaatse damvlakke effe meer stabiel | News Article

Talle Suid-Afrikaners is bekommerd oor onteiening sonder vergoeding, maar dit gebeur reeds voor hul oë.


Dit is volgens Egon Zunckle, ondervoorsitter van die KwaZulu-Natalsegeenbewerkingsklub, wat op Landbouweekblad in samewerking met Graan SA (GSA) endie Ottosdal-geenbewerkinsklub, se herlewingslandboukonferensie in Ottosdal inNoordwes gepraat het. Alani Janeke van Landbou.com doen verslag.

Damvlakke regoor die Vrystaat is stabiel nadat dit die afgelope week in groot dele van die provinsie gereën het. Die Departement van Water en Sanitasie se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die departement se weeklikse verslag toon die opsomming vir die watervoorsieningstelsel in die provinsie is tans 70,8% teenoor verlede week se 71,6%. Die hoofstad van die Vrystaat se watervoorsiening is op 52,2% kapasiteit in vergelyking met verlede week se 54,3%. Die Saulspoortdam staan op 108,3%, 'n toename in vergelyking met verlede week se 101,7%. Sterkfonteindam is 93,8% - dieselfde as verlede week. Gariepdam is 73,5% - laer as verlede week se 75,4%. Vanderkloofdam is ook op 65% - 'n effense verandering in persentasie in vergelyking met verlede week se 64,3%. Fikapatso Dam is 32,7%, dieselfde as verlede week.

EN

Ondersoek word deur die polisie in die Vrystaat ingestel nadat 'n plaaswerker in Jacobsdal dood is nadat 'n aartappel-sorteringsmasjien die werker glo aan verstrengelde klere ingetrek het. Die werker kon nie loskom nie, en is toe in die masjien ingesleep. Polisiewoordvoerder, Peter Kareli, het aan OFM-nuus gesê dit is volgens inligting wat hulle in hierdie stadium het, het die oorledene se medewerkers probeer help, maar kon nie die werker betyds loskry nie.



OFM-Nuus/Cristal-Lize Muller/Lucky Nkuyane

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.