On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

OFM Agri Fokus: Piet Croucamp praat oor gronddiefstal deur wit Suid-Afrikaners

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:56 Thu, 14 Mar 2019

OFM Agri Fokus: Piet Croucamp praat oor gronddiefstal deur wit Suid-Afrikaners | News Article

In the OFM Agri Focus insert we look at some of the top stories in the agriculture sector this past week... OFM News’ Christal-Lize Muller reports...


Die politieke ontleder, Piet Croucamp, volstaan by sy siening dat wit Suid-Afrikaners moet aanvaar dat swart mense geldige argumente het oor grond wat van hulle gesteel is. Hy het aan OFM-nuus gesê dit beteken egter nie dat wit boere grond by swart mense gesteel het nie. Boere het hul plase gekoop en hard gewerk om te kom waar hulle is. Hy sê as wit Suid-Afrikaners tot dié aanvaarding kom, sal dit 'n morele vraagstuk oor die historiese gebeure in Suid-Afrika oplos.

Intussen sê die Transvaalse Landbou-unie (TLU SA) se president Louis Meintjes boere beskik oor wettige titelaktes wat deur die regering uitgereik is as waarborg dat grond aan hulle behoort.

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die Vrystaat se begroting vir die 2019/20 boekjaar is meer as R821 miljoen. Die LUR van Finansies in die Vrystaat, Elzabe Rockman, het Dinsdag in haar begrotingsrede by Gariepdam gesê die begroting maak voorsiening vir die departement se prioriteitsprojekte wat grondprogramme, veeartsenykunde en ondersteuning en opleiding aan boere insluit. Sy het verder gesê die regering se omstrede multimiljoenrandse Vrede-suiwelprojek gaan ook nou weer die verantwoordelikheid van die departement word. Dit kom nadat die projek oor verskeie boekjare deur die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie bestuur is. R13.5 miljoen is aan die departement beskikbaar gestel vir droogtehulpprojekte. Dié geld sal gebruik word vir die boor en ontwikkeling van 45 boorgate asook die herstel van 35 gronddamme.

Winsgewendheid bly die komende jaar steeds 'n uitdaging vir die graanbedryf. Graan SA (GSA) se voorsitter, Jaco Minnaar, het Woensdag op die kommoditeitsorganisasie se jaarkongres by Nampo Park naby Bothaville gesê boere se opbrengs en inkomste, ondanks hoë pryse, gaan laag bly.

Minnaar het gesê die situasie rondom Suid-Afrika se ekonomiese groei, asook die grondkwessie, het verander.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.