On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Meer as 200 stuks wild dood in #NW-brand

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:38 Wed, 13 Mar 2019

Landbounuus-podcast: Meer as 200 stuks wild dood in #NW-brand | News Article

Meer as 200 stuks wild is dood in 'n brand wat by 'n boma op Mulati-wilddienste se plaas buite Brits in Noordwes uitgebreek het.


Chris Eberson van dié groep sê die brand het Maandagaand omstreeks 23:00 en 23:30 uitgebreek. Die oorsaak van die brand is onbekend maar brandstigting word nie uitgesluit nie. Hy sê verskeie diere was in boma's omdat Mulati-wilddienste voorberei het vir 'n veiling wat eerskomende Saterdag sou plaasvind. Polisiewoordvoerder in Noordwes, Amanda Funani, sê 'n klag van brandstigting word ondersoek. 

Veeboere in die Tierpoort-gebied, sowat 30km suid van Bloemfontein, juig oor goeie reën wat sedert die naweek geval het. Colin Vorster, wat met skape boere en gewasse aanplant met water uit die Tierpoortdam, sê die gebied het sedert Saterdag meer as 100mm reën gehad. Dit is baie goeie nuus vir dié besproeiingsboere wat kwotas het vir water uit die dam. Volgens hom was die verbruik van water uit die dam vir besproeiingsdoeleindes die afgelope drie jaar 'n groot uitdaging gewees. Vorster sê daar is watertoevoer na die dam.

EN

Dit het ook die afgelope naweek in groot dele van die Vrystaat en Noordwes goed gereën. Dr. Werner Rossouw, handelaar en direkteur van Silostrat, sê reënvalsyfers tussen 1mm en 43mm is by hulle onderskeie depots in die Vrystaat gemeet. Daar is 32mm by Vyf Susters by Bothaville en by Sarbyn by Hoopstad gemeet en in Hertzogville is 43mm oor die naweek gemeet. 

By Theronia by Welkom en Bultfontein het dit die naweek 28mm en Maandag 21mm gereën. By De Milander by Bethlehem is 25mm reën Maandag gemeet. Die weervooruitsigte vir vandag in die Vrystaat is gedeeltelik bewolkte en warm toestande, terwyl  gedeeltelik bewolkte en warm tot baie warm toestande in Noordwes verwag word. In die Noord-Kaap is dit warm tot baie warm met gedeeltelik bewolkte toestande in die noordelike deel van die provinsie met enkele donderbuie wat later vanmiddag kan voorkom.



OFM-nuus



  


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.