On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: #Saai ondersteun boere op produksievlak en meer sorghum aangeplant

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:57 Fri, 01 Mar 2019

Landbounuus-podcast: #Saai ondersteun boere op produksievlak en meer sorghum aangeplant | News Article

Die Suider-Afrika Agri-inisiatief, oftewel, Saai, is in plek gestel juis om 'n leemte in die mark met betrekking tot die organisering in landbou te vul en om 'n broodnodige ondersteuningsraamwerk vir alle boere daar te stel.


In die hoofstorie: Só sê dr. Theo de Jager, voorsitter van die Saai-direksie, wat Donderdag in Pretoria bekendgestel is. Volgens hom is Saai 'n landboubelangnetwerk vir boere wat daartoe verbind is om die regte, waardes, ideale en behoeftes van familieboerderye in die primêre produksiebedryf te beskerm en te bevorder.  'n Regskundige, Francois Rossouw, is die uitvoerende hoof van Saai. Gaan na www.saainet.co.za vir meer inligting.

In nog 'n storie: Die oppervlakteskatting vir sorghum en droëbone het 'n toename getoon teenoor die oppervlakte wat verlede seisoen aangeplant is. Dit is volgens die Nasionale Oesskattingskomitee se hersiene oppervlakteskatting en die eerste produksieskatting vir somergewasse vir 2019, wat vandeesweek vrygestel is. Dié komitee se Marda Scheepers, sê die oppervlakte onder sorghum het met 75,3% van 28  800 hektaar die vorige seisoen, tot 50 500 hektaar toegeneem. Daar is ook 'n toename in die verwagte produksie van dié gewas. Die verwagte opbrengs vir sorghum is 3,33 ton per hektaar. Scheepers sê die beraamde oppervlakte onder droëbone is,  11,13% meer, as die vorige seisoen se aangeplante hektaar. Die produksieskatting van droëbone is 70 950 ton. Dit is 'n 2,29% toename teenoor die vorige seisoen.  Scheepers sê die Nasionale Oesskattingskomitee het ook 'n finale produksieskatting van wintergewasse vrygestel.


En...Daarmee saam sê Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom en hoof van navorsing by die Landboubesigheidskamer, Agbiz, Suid-Afrikaanse boere het 3,7 miljoen hektaar van alle somergrane en oliesade, aangeplant. Dit is 'n 3%-toename teenoor die vorige skatting, maar is steeds 3% minder teenoor aanplantings in die 2017/18-seisoen. Hy sê uit 'n opbrengsperspektief is dié syfers teleurstellend, maar die rooiligte flikker nog nie. Sihlobo sê weerstoestande in Suid-Afrika gaan egter 'n bepalende rol in terme van produksie speel. In die stadium is die vooruitsigte gunstig, met die Suid-Afrikaanse Weerdiens wat bogemiddelde reënval van nou tot in April in die meeste somergraan en oliesaad produserende gebiede verwag.



OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.