On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Lanboubedryf 'sleutel tot ekonomiese groei'

───   10:52 Wed, 20 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Lanboubedryf 'sleutel tot ekonomiese groei' | News Article

Die landboubedryf is die sleutel wat ekonomiese groei in Suid-Afrika kan ontsluit.


Só meen Agri SA se hoof van ekonomie en handel,Requier Wait, in aanloop tot die Minister van Finansies, Tito Mboweni, seeerste begrotingsrede Woensdag. Hy meen die landboubedryf is bewese, en met dieondersteuning van die regering kan dit die land se ekonomie bou en fiskalestabiliteit verbeter. Die balans tussen regeringsinkomste en -uitgawes is egterdie kern van die regering se begroting. Graderingsagentskappe en betrokkenes indie finansiële mark wil 'n verbintenis tot fiskale konsolidasie hê en met diefiskus wat onder druk is, moet enige verdere afgradering deurkredietgraderingsagentskappe vermy word. 

Die ANC-regering het Suid-Afrika se ekonomievernietig en die land staan nou voor ernstige ekonomiese uitdagings. Daar is 'nhoë werkloosheidskoers en meer Suid-Afrikaners het nie kos om te eet nie. Dítis volgens Cope se Dennis Bloem, wat meen die Minister van Finansies, TitoMboweni, sal in sy begrotingsrede moet verduidelik hoe hy die geldelike krisisby Eskom gaan aanspreek. Volgens Bloem moet Mboweni ook aankondig dat BTW van15% na 10% verlaag gaan word en dat alle groente en hoender van BTW vrygestelword 

Die DA het die Premier van die Vrystaat, Sisi Ntombela, se erkenning dat die droogtesituasie in die provinsie verwoesting saai, verwelkom. Die DA-lid in die wetgewer, Roy Jankielsohn, sê dit is verblydend dat die regering nou aandag aan die landbougemeenskap se lot gee, weens die voortslepende droogte. Ntombela het Dinsdag in haar provinsiale rede met die opening van die Vrystaatse Wetgewer gesê R13 miljoen is beskikbaar gestel vir droogtehulp in die provinsie. 

EN

Een van die oudste stoeterye in Suid-Afrika, Heuningkrans Merino's, se 38ste produksieveiling vind eerskomende Donderdag by Smithfield plaas. Eddie Prinsloo,'n voorslag merino-teler van die Suid-Vrystaat, sê hulle produksieveiling is sedert 1999 steeds die grootste waarop merinoramme deur 'n enkelteler aangebied word. Prinsloo sê hulle is dankbaar vir die goeie ondersteuning van kopers wat die stoetery deur die jare ontvang. Daarmee saam deel hy graag sy kundigheid met boere. Prinsloo het ook 'n vernuwende plaaswerkerskema begin waar hy in 'n opspraakwekkende transaksie van sy grond aan sy werkers oorgedra het.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller/Olebogeng Motse



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.