On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brandbestryder beseer in brandende silo

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:19 Tue, 12 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Brandbestryder beseer in brandende silo | News Article

'n Brandbestryder van die Vrystaatse Matjhabeng-munisipaliteit word in 'n Welkom-hospitaal se hoësorgeenheid behandel nadat die dak van 'n brandende silo - waarin graan geberg word - op hom ineengestort het.


Mandla Mtebela het tweedegraadse brandwonde aan sy arms en bors opgedoen en het ook nek- en rugbeserings opgedoen. Francois Klaassen, assistent brandweerhoof, sê hulle is Maandag omstreeks 14:15 na die bergingsgeriewe, wat aan 'n landboubesigheid behoort, net buite Allanridge ontbied. 'n Brand het in 'n silo waarin min sonneblomsaad geberg word, uitgebreek. Klaassen sê met die brandweer se aankoms is die toneel beveilig en mense is van die brandende silo verwyder. Dit brand steeds in die silo vanoggend, maar ingenieurs sal eers moet vasstel of die silo se struktuur, wat baie krake bevat, stewig en veilig is voordat die brand geblus kan word.

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap, het reën wat in gebiede in dié provinsie uitgesak het, met ope arms verwelkom. Woordvoerder, Phemelo Manankong, sê dit gaan boere, wat swaar gebuk gaan onder droogtetoestande, se nood ietwat verlig. Daarmee saam is die gevaar van wegholveldbrande ook minder weens natter toestande, veral nadat brande die afgelope seisoen verwoesting in groot dele van die provinsie gesaai het. Hy sê egter daar is baie gebiede wat nog geen reën gehad het nie.  Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SANW) is 24mm en 11mm onderskeidelik die naweek in Kimberley en Augrabies gemeet.

EN

Intussen het die voortslepende droogte in groot dele van die Noord-Kaap boere in Namakwaland gedwing om hul veekuddes aansienlik te verminder, en dié boere maak nou hoofsaaklik staat op veevoerskenkings. Dit is volgens Danie Jacobs, voorsitter van Agri Namakwaland, wat meen kommersiële en opkomende boere word nou swaar geraak deur die droogtetoestande, wat al in 2009 in dié gebied begin het. Jacobs, wat tussen Springbok en Pofadder boer, sê dié distrik het in 2011 en 2012 'n ondergemiddelde reënseisoen gehad, maar dit was nie genoeg reën vir ruvesel gewees nie. Volgens hom het die reën sedert 2012 in die grootste deel van dié distrik weggebly, en as dit wel gereën het, was dit kol-kol.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.