On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Broodnodige opvolgreën goeie nuus

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:05 Mon, 11 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Broodnodige opvolgreën goeie nuus | News Article

Broodnodige opvolgreën in dele van die Vrystaat en Noordwes is goeie nuus vir graanboere se mielie- en sonneblomgewasse wat aangeplant is.


Laurens Schlebush van die Geluksdam-landbouvereniging by Bloemfontein, sê dit was 'n moeilike begin van die somerseisoen met die eerste noemenswaardige reën wat eers vroeg in Januarie geval het. Hy het toe mielies aangeplant, maar baie minder as wat hy vorige jare kon aanplant. Schlebush sê uitermatige hitte was ook deurlopend 'n uitdaging gewees, en hy het sowat 10% van sy aangeplante sonneblom verloor weens dié toestande. Ná nog opvolgreën vroeër vandeesmaand kon hy nog sonneblom aanplant. Hy sê die afgelope naweek se 40mm reën wat hy op sy plaas wes van Bloemfontein, in die rigting van Jagersfontein, gehad het, help baie vir sy aanplantings.

Daarmee saam het die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) 'n waarskuwing uitgereik vir swaar donderstorms en reënneerslae wat Maandag tot oorstromings in dele van die land kan lei. Gebiede in die sentrale binneland wat geraak kan word, is die oostelike deel van die Vrystaat en die suidoostelike deel van die Noord-Kaap. Die SANWD se weervoorspelling vir Maandag by Bloemfontein is gedeeltelike bewolkte toestande met verspreide buie en donderbuie wat kan voorkom. In die Noord-Kaap by Kimberley word gedeeltelike bewolkte toestande met verspreide donderbuie verwag, terwyl gedeeltelik bewolkte toestande met enkele donderbuie in Upington kan voorkom. In Noordwes by Mahikeng en Vryburg word gedeeltelik bewolkte toestande met enkele buie en donderbuie voorspel. 

EN

Fase 2 beurtkrag is Maandagoggend al vanaf 09:00 oor die land heen ingestel. Dit kom nadat beurtkrag Sondag vir die eerste keer sedert vroeg Desember verlede jaar ingestel is. Groot dele in die sentrale binneland het toé daagliks onderbrekings vanaf 13:00 tot 22:00 gehad. Eskom sê vandeesweek se instelling van beurtkrag is weens 'n aantal opwekkingseenhede wat steeds buite werking is. Eskom se Khulu Pasiwe sê verder die einde is nog nie in sig nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.