On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor and Margaret
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Potensiaal van landboubedryf tydens #SONA2019 genoem

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:19 Fri, 08 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Potensiaal van landboubedryf tydens #SONA2019 genoem | News Article

Die potensiaal van die landboubedryf in Suid-Afrika in terme van werkskepping en ekonomiese groei kan ontwikkel word.


Daar is groot gebiede grond in die land wat onbewerk is waarop daar produksie kan plaasvind en daar is 250 000 kleiner opkomende boere in die land wat ondersteun moet word. President Cyril Ramaphosa het Donderdagaand in sy staatsrede in die Parlement gesê die regering gaan op daardie boere fokus. Hy het verder gesê die regering se ingryping in terme van beleid en wetgewing gaan verseker dat meer grond beskikbaar is vir landbou, industriële ontwikkeling en vir menslike nedersettings. Daarom ondersteun die regering die grondwetlike hersieningskomitee se proses rondom die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat voorsiening maak vir grondonteiening sonder vergoeding. Hy het gesê daar is reeds grond beskikbaar.

EN

Vir die eerste keer in 'n lang tyd is daar weer 'n standvastige plan vir Suid-Afrika op die tafel met vyf prioriteite waarop daar gefokus word. Dit is volgens Melanie Verwoerd, 'n politieke ontleder, wat meen president Cyril Ramaphosa se visie vir die land en sy staatsrede is 'n reuse-verbetering op sy voorganger, Jacob Zuma, se poging. Daarmee saam was die staatsrede ordelik en nie deur die EFF, soos voorheen. ontwrig nie. Verwoerd sê Ramaphosa het die belang van landbou in die Suid-Afrikaanse ekonomie beklemtoon en dat dit verder uitgebrei moet word na alle Suid-Afrikaners sodat meer mense kan boer. Daarmee saam sê John Purchase, die uitvoerende hoof van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, dit was die beste staatsrede die afgelope tien jaar gewees. Hy sê die fokus op ekonomiese groei is goed en daar was baie detail wat toon daar word aandag aan aksieplanne geskenk. Agbiz en ander betrokkenes was die afgelope tyd deur middel van die openbare private-groei-inisiatief baie interaktief betrokke.


OFM-nuus

  




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.