On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Geen hondsdolheid-uitbraak in FS'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:28 Thu, 17 Jan 2019

Landbounuus-podcast: 'Geen hondsdolheid-uitbraak in FS' | News Article

Daar is nie 'n grootskaalse uitbraak van hondsdolheid in die Vrystaat nie.


Dit is volgens die Department van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die provinsie, nadat ses gevalle van hondsdolheidvanjaar aangemeld is. Die departement se Zimasa Leputla sê daar is geen redetot paniek nie, dié situasie is onder beheer en glad nie so ernstig invergelyking met vorige jare nie. Leputla bevestig van die ses gevalle watvanjaar in die provinsie aangemeld is, het drie diere positief getoets. Dit sluit 'n kalf van Clocolan, en twee honde van onderskeidelik Wepener en Fouriesburg in.

Suid-Afrika gaan heel waarskynlik eers teenvolgende jaar sy bek-en-klouseer-vrye status herstel. Dit kom nadat dieWêreld-organisasie vir Dieregesondheid, oftewel die OIE, weens die uitbrekingvan dié virrussiekte in die Vhembe-distrik in Limpopo, Suid-Afrika se statustydelik opgeskort het. Daar is nou ‘n verbod op die uitvoer van produkte vandiere met ‘n gesplete hoef, wat onder meer beeste, skape, bokke, varke en wildinsluit. Die Nasionale Dieregesondheidsforum se besturende direkteur, Pieter Vervoort, sê die OIE vergader slegs een keer per jaar.

EN

Die Farmers For Change-beweging, wat daarop gemik is om die beeld van landbou en hoofsaaklik die beeld van boere positief te bevorder, het nou 'n projek van stapel gestuur, wat erkenning aan dié bedryf se onbesonge helde gee. Die stigters van die beweging is die mediapersoonlikheid, Ivor Price, en Kobus Louwrens, wat die strategie-direkteur van die YehBaby-digitale agentskap, is. VKB se Food for Mzansi-projek is ook deur dié beweging van stapel gestuur. Price en Louwrens is Vrydagoggend gaste op OFM se landbouprogram, Before Dawn, wat deur Gerben van Niekerk aangebied word. Skakel Vrydag 18 Januarie in op OFM tussen 05:00 en 06:00 wanneer hulle meer vertel oor dié beweging, en VKB se Food for Mzansi-projek.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.