On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Duisende hektare weiveld in wegholveldbrande verwoes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Fri, 14 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Duisende hektare weiveld in wegholveldbrande verwoes | News Article

Duisende hektare weiveld in die Trompsburg-gebied in die Vrystaat is verlede maand in wegholveldbrande verwoes.


Volgens Johann Breytenbach, hoofbestuurder van die Vrystaatse sambreel-organisasie vir brandverenigings (FSUFPA), was dit aanvanklik moeilik om die omvang van die skade te bepaal. Volgens hom het 'n 'rook-kolom-gedrewe-brand' sowat 13 600 hektaar se weiveld verwoes. Die totale gebied wat geraak is, is 40 000 hektaar. Altesaam 82 plase het deurgeloop en altesaam 513 skape en 30 beeste het weens die brande gevrek. Die skade aan infrastruktuur op plase was ook groot met meer as 250km se draad- en plaasheinings wat in die slag gebly het. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag....


Die meeste boere in die mielieproduserende distrik van Wesselsbron in die Vrystaat kon nog nie begin plant nie, omdat dit nog nie goed gereën het nie. Daarmee saam snel die tradisionele planttyd vir mielies in dié gebied verby en is daar kommer dat boere dié seisoen nie mielies kan aanplant nie. 'n Afgetrede boer van dié distrik, Willie van Zyl, sê die droogte situasie is nou kritiek.


Hy sê die min boere wat wel daarin kon slaag om mielies te plant in dié distrik wag ook vir goeie reën.

Van Zyl glo egter boere en ander betrokkenes wat Donderdag 'n biddiens vir reën in die NG kerk van Bultfontein-Oos bygewoon het, het 'n boodskap van hoop gekry. Van Zyl het ook dié stampvol kerkdiens bygewoon.


Intussen sê Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, daar is groot kommer oor die droogtesituasie in dié provinsie. Daar is al die afgelope vier jaar ramptoestande in sekere gebiede in die suidelike en die westelike deel van die Noord-Kaap. Boere is onder geweldige finansiële druk.


Agri Noordwes se president, Willem de(sha-von) Chavonnes, sê die situasie in dié provinsie is ook kommerwekkend. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.