On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Paaie in stand te hou moet dringend aangespreek word

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:19 Thu, 13 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Paaie in stand te hou moet dringend aangespreek word | News Article

Die beweerde wanbestuur van geld wat aan betrokke staatsdepartemente toegeken is om paaie veral in landelike gebiede in stand te hou moet dringend aangespreek word


Daarom gaan Agri SA hom volgende jaar toespits op die swak toestand van paaie en grondpaaie wat nie onderhou word of opgegradeer word nie. Dié landbou-organisasie se Sentrum van Uitnemendheid se voorsitter van ekonomie en handel, Nicol Jansen, sê daar is 'n agterstand met die onderhoud en opgradering van paaie en grondpaaie in landelike gebiede van Suid-Afrika.

Hy sê swak paaie het 'n koste-effek op produksie en boere ly daar onder.Volgens Jansen gaan vergaderings met betrokkenes op hoë regeringsvlak, waarop daar op daad-werklike oplossings besluit moet word, spoedig in volgende jaar plaasvind. 


Die Caring Daisies, 'n groep omgeevroue, se Manna vir die Boere-projek is in volle swang met 25 vragmotors vol broodnodige veevoer, wat aan boere in die drootegeteisterde gebiede afgelewer gaan word. 'n Konvooi vragmotors is op pad na Aberdeen in die Oos-Kaap en Strydenburg in die Noord-Kaap en sal na verwagting Vrydag in Bloemfontein aankom.  Die voormalige Springbok en Cheetah-kaptein, Adriaan Strauss, wat dié projek ondersteun, het aan OFM-nuus gesê die nood is groot en boere het kos vir hul diere nodig.

EN

Hittegolftoestande wat sedert Woensdag 'n groot deel van die sentrale binneland teister duur voort tot die naweek. Tonie Rossouw 'n senior voorspeller van die weerkantoor in Bloemfontein, sê dié bloedige hitte kom voor in die oostelike deel van die Noord-Kaap, wat Kimberley en die Griekwa-land-Wes gedeelte insluit.

Hittegolftoestande kom ook voor in die westelike deel van Noordwes by Vryburg, Mahikeng, Lichtenburg en dele van die Vrystaat soos Bothaville, Hoopstad, Wesselsbron en Bloemfontein. Die kwik styg ook aansienlik in Petrusburg, Fauresmith en Phillipolis. Volgens Rossouw wissel temperature in hittegolf-toestande tussen 36 en 38 grade Celsius.

Hy sê die heersende hittegolf duur voort tot Saterdag, wanneer enkele buie en donderbuie ietwat verligting gaan bring.

Rossouw sê die kraaie gaap weer volgende week met hoë temperature wat verwag word, maar daar is geen vooruit-sigte sover vir hittegolf-toestande nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.