On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Reuse-boerderygeleenthede vir Suid-Afrikaanse boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:09 Tue, 11 Dec 2018

Landbounuus-podcast: Reuse-boerderygeleenthede vir Suid-Afrikaanse boere | News Article

Daar is reuse-boerderygeleenthede en 'n gunstige klimaat vir Suid-Afrikaanse boere in Rusland.


Dit is die boodskap wat ‘n Russiese afvaardiging van die Stafropol streek onlangs aan lede van verskeie Suid-Afrikaanse landbou-verenigings soos Vrystaat Landbou (VL) en ander belangroepe OORGEDRA het. Johan du Toit, 'n Suid-Afrikaanse sendeling wat al lank in Rusland bly en sterk bande met Russiese regerings-amptenare het, was deel van dié afvaardiging en het as tolk opgetree. Du Toit sê die afvaardiging is deur 'n Russiese regsgeleerde in sy private hoedanigheid gelei. 


Du Toit sê dié besoek het hoofsaaklik ten doel gehad om die StavroBoer-projek (Staf-roux-boerprojek ) in Suid-Afrika bekend te stel. Dié projek behels onder om handelsgeleenthede tussen belanghebbendes in die bedryf in die Brics-raamwerk te bespreek. Boerderygeleenthede  vir Suid-Afrikaanse boere, veral in die suidelike deel van Rusland is bespreek.

 EN


Die Karee-landbouvereniging by Brandfort in die Vrystaat en lede van die gemeenskap het dié Feestyd hul harte en beursies vir behoeftige kinders en hul gesinne oopgemaak. Dié landbouvereniging het sedert verlede jaar 'n kosprojek by die Hoërskool Staatspresident Swart, waar kospakkies maandeliks aan sowat 40 behoeftige leerlinge uitgedeel word. Miekel van Dyk, voorsitter van dié landbouvereniging, vir wie dié projek na aan die hart lê, sê daarmee saam is groter kospakke aan dieselfde kinders en hul gesinne uitgedeel voordat die Desember-skoolvakansie begin het. Hy sê danksy die gemeenskap  gaan dié leerlinge en hul gesinne dié feestyd kos hê om te eet.


Van Dyk sê die kinders leef in moeilike omstandighede en daarom moet bevoorregtes soos hy na hulle uitreik en hulp verleen. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.