On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: SA renostereienaars soek uitvoer-vryheid

───   11:32 Wed, 21 Nov 2018

Landbounuus-podcast: SA renostereienaars soek uitvoer-vryheid | News Article

Sommige privaat renostereienaars in Suid-Afrika is telerugesteld dat China, skaars 'n week nadat hul regering aangekondig het dat dié land se verbod op handel in tier- en renosterprodukte opgehef word, dit weer ingestel het tot latere kennisgewing.


Voorsitter van die Private Rhino Owners Association, oftewel P.R.O.A, Pelham Jones, het aan Landbou.com gesê as privaat renostereienaars doen hulle alles in hul vermoë om hul groot renosterbevolking in privaat besit volhoubaar te benut, en dit voel of hul nêrens kom nie. Jones is veral gefrustreerd met die feit dat die Suid-Afrikaanse Regering nog geen besluit geneem het oor 'n voorstel vir wettige handel by volgende jaar se Cites-beraad nie.

Die parlement se portefeuljekomitee oor landbou, bosbou en visserye is deur die betrokke departement ingelig oor die uitbreking van siektes en peste, en watter uitwerking dit op dié sektore het. Maroela Media berig peste kan katastrofies vir oeste en uitvoer wees wat onderworpe is aan fitosanitêre maatreëls in die lande waar die uitvoer ontvang word. Verder kan dieresiektes soos bek-en-klouseer, voëlgriep, varkgriep en hondsdolheid vereis dat beheermaatreëls in werking gestel word, soos beperkings op die beweging van diere, kliniese waarneming en die inenting van diere. Die uitwerking kan gesien word in ? verlies aan produksie wat miljoene rande kan beloop, marktoegang en ? afname in verbruikersvertroue en boweal werkverlies.

EN

Wandile Sihlobo, 'n ekonoom en hoof van die Landboubesigheidskamer, Agbiz, se agribesigheid-navorsingsafdeling is as Landbouskrywers SA se Landbou-ekonoom van die Jaar aangewys. Dié jaarlikse geleentheid is Vrydag in Stellenbosch gehou.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.