On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:01 Mon, 15 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Reën het hoop gebring vir talle saai- en veeboere in sekere gebiede in die sentrale binneland.


Jan Pienaar 'n gemengde boer van Bultfontein in die Vrystaat sê hy het Saterdag en Sondag altesaam 37mm op sy plaas gemeet. Dié reën word met ope arms verwelkom omdat weiding krities min geraak het en boere kon nie meer hul diere op mieliereste laat wei het nie omdat landerye vir die plantseisoen voor berei te word.

Pienaar sê dié reën het die ondergrondse watertafel ietwat aangevul.

Nog 'n boer, Christiaan Bouwer van Bothaville in die Vrystaat sê hy is dankbaar vir die 30mm reën wat hy Saterdag en Sondag op sy plaas gemeet het. Boere in dié gebied, wat reeds begin het om hul landerye voor te berei vir die aanplant van somergewasse, maar noodgedwonge moes stop omdat dit te droog was, kan nou weer daarmee voortgaan. Eben Bezuidenhout, 'n gemengde boer van die Theunissen en Welkom gebied, sê hy het ook sowat 30mm reën oor die twee dae gehad. Dit is baie goed vir die veld en met nog opvolgreën gaan die situasie nog meer verbeter.

Intussen sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens dit het Saterdag tot Sondag oggend omstreeks 08:00 sowat 23mm in die Vrede-gebied, 21mm in die Frankfort-gebied en 20mm by Hennenman in die Vrystaat gereën. Sowat 80mm is in die tydperk in die Dwarsfontein-gebied in Noordwes gemeet. Buite Bloemfontein by die Glen-landboukollege is 23mm reën sedert Sondag tot Maandagoggend gemeet. In Lichtenburg is 17mm en in die Potchefstroom-gebied 25mm reën Saterdag en Sondag gemeet. In De Aar in die Noord-Kaap was daar Saterdag 'n wolkbreuk en 78mm reën is gemeet. Koos du Toit, voorsitter van Agri Noord-Kaap se De Aar-landbouvereniging sê buite die dorp het dit minder gereën en hy het sowat 18mm reën op sy plaas gemeet.

EN

Agri Noord-Kaap se president, Nicol Jansen, sê dit is goeie nuus dat kommersiële banke dit onlangs op Agri SA se kongres in Pretoria duidelik gestel het dat hulle nie daarop uit is om in ekonomiese uitdagende tye boere wat onder geldelike druk is, se plase terug te neem nie. Volgens hom is dit te verstane dat banke slegs hul risiko wil verskans sodat lenings met die nodige rente aan hulle terugbetaal word. Hy glo vordering kan in dié verband gemaak word veral wanneer dit kom by boere in droogte geteisterde dele van dié provinsie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.