On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret, John and Nadine
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:03 Fri, 12 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

‘n Styging in veediefstalsake is tydens die 2017/2018 boekjaar by die polisie aanhangig gemaak.


Dit is volgens die jongste Slagoffers van Misdaadopname wat vandeesweek deur Statistiek SA in Pretoria bekend gemaak is. Volgens dié opname is meer as 28 800 sake aangemeld teenoor die sowat 27 000 sake wat in die vorige boekjaar aanhangig gemaak is.

Volgens dié verslag is meer as 927 600 diere en pluimvee in 2017/18 in Suid-Afrika as gesteel aangemeld, waarvan 23,8% beeste was. Daarmee saam was 30,6% bokke en 26,5% pluimvee.

EN

Vrystaat Landbou of VL sê veediefstal het ‘n ernstige probleem in die provinsie geword. VL se adjunk-president, Tommie Esterhuyse, sê 'n ontleding deur hulle Veiligheids-lessenaar toon veeverliese in Augustus vanjaar weens veediefstal wat meer as R3 miljoen beloop.    

Esterhuyse sê daar was 89 voorvalle van veediefstal.

EN

Die Parlement se grondwetlike hersieningskomitee gaan later vandeesmaand nog insette van belanghebbendes ontvang oor ‘n grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Dié komitee se mede-voorsitter, Lewis Nzimande, sê in 'n mediaverklaring, 'n besluit is geneem om op 25 en 26 Oktober voort te gaan met nog mondelinge voorleggings. Volgens hom is daar al 19 name van betrokkenes, wat skriftelike voorleggings aan die komitee gemaak het en daarin aangedui het dat hulle ook mondelinge aanbiedings wil maak, geïdentifiseer. Volgens Nzimande kan dié getal toeneem namate nog name geïdentifiseer word. Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies het aan dié komitee opdrag gegee  om vas te stel of 'n hersiening van Artikel 25 van die Grondwet en ander klousules nodig is sodat grond in openbare belang deur die regering onteien kan word sonder vergoeding.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.