On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   13:03 Fri, 12 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Voorvalle van die diefstal van lewende hawe, pluimvee en ander diere het in Suid-Afrika afgeneem.


Dit is volgens 'n verslag wat Statistiek SA vandeesweek in Pretoria bekendgestel het. Die Slagoffers van Misdaad-opname, toon Suid-Afrikaners het in 2017/18 deurgeloop onder 'n geskatte totaal van meer as 159 400 voorvalle van dié tipe diefstal. Dit is 'n afname van 1% teenoor die sowat 161 000 voorvalle wat in 2016/17 plaasgevind is.

Nog meer belanghebbendes kry vandeesmaand die geleentheid om verdere insette te lewer oor 'n grondwetwysiging om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak. Die Parlement se grondwetlike hersieningskomitee se mede-voorsitter, Lewis Nzimande, sê in 'n mediaverklaring, 'n besluit is geneem om op 25- en 26 Oktober voort te gaan met nog mondelinge voorleggings. Daar is al 19 name van betrokkenes, wat skriftelike voorleggings aan die komitee gemaak het en daarin aangedui het dat hulle ook mondelinge aanbiedings wil maak, geïdentifiseer. Volgens Nzimande kan dié getal toeneem namate nog name geïdentifiseer word. Die Nasionale Vergadering en die Nasionale Raad van Provinsies het aan dié komitee opdrag gegee om vas te stel of 'n hersiening van Artikel 25 van die Grondwet en ander klousules nodig is, sodat grond in openbare belang deur die regering sonder vergoeding onteien kan word.

EN

Die portefeuljekomitee oor Handel en Nywerheid het die publikasie van die regulasies van die suikerbedryf oor oorgangsmaatreëls ingevolge die Grondwet van die Suid-Afrikaanse Suikervereniging (Sasa), en die suikerbedryf-ooreenkoms, verwelkom. Dié regulasies is Dinsdag in die Staatskoerant gepubliseer. Dié komitee is in 'n vergadering met lede van Sasa asook die Suid-Afrikaanse Boereontwikkelingsagentskap, oftewel Safda, inlig oor dié oorgangsmaatreëls wat behels dat Safda by Sasa geïnkorporeer word. Voorsitter van dié komitee, Joanmariae Fubbs, sê dit is 'n stap in die regte rigting veral met betrekking tot transformasie in die suikerbedryf en die ontwikkeling van swart kleinboere.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.