On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:39 Thu, 11 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Vrystaat Landbou is bekommerd oor die tendens dat roof die hoofmotief vir moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes is.


Visepresident van VL, Tommie Esterhuyse, sê dit is ook kommerwekkend dat aanvalle al wyer uitkring na kleiner opkomende boere. Dit kom nadat 'n kleinboer, Johannes Moloi, verlede Donderdag in die vroeë oggendure op sy kleinhoewe in Senekal deur twee mans aangeval en beroof is. 'n Onbekende bedrag geld is gebuit. Moloi is later dieselfde dag in 'n hospitaal in Bethlehem dood. Esterhuyse sê dit is hartseer dat boere en hul plaaswerkers nou deel word van plaasmoord-statistieke al het aanvalle sover vanjaar in die Vrystaat 'n afname getoon.

Twee mans, wat Donderdag in verband met die moord op Moloi by hul onderskeie huise in Senekal in hegtenis geneem is, sal na verwagting eerskomende Maandag in die plaaslike landdroshof aansoek doen om borgtog. Hulle het Maandag vlugtig in die hof verskyn op aanklagte van moord en huisroof.

EN

Intussen het die polisie in die Vrystaat bevestig dat een van twee verdagtes wat in aanhouding is in verband met die moord op 'n Senekal-kleinboer, Johannes Moloi, positief met nog 'n moord verbind word. Polisiewoordvoerder, Phumelelo Dlamini, sê Diau Tshabalala sal binnekort in die Senekal-landdroshof verskyn in verband met die moord op Anna Idith Letshela, wat in haar slaapkamer in Matwabeng naby Senekal vermoor is.

Dlamini sê Lionel Cupido wat saam met Tshabalala in verband met die aanval op Moloi in Senekal in hegtenis geneem is, word nie met dié moord op Letshela verbind nie.

EN

Die gronddebat en spesifiek die wysiging van Artikel 25 van die Grondwet wat grondonteiening sonder vergoeding moontlik maak, dryf 'n wig tussen Suid-Afrikaners in. Mense wat ten gunste is daarvan en diegene wat daarteen gekant is, word daardeur verdeel. Dit is volgens die voorsitter van Nedbank, Vassi Naidoo, wat op Agri SA se kongres in Pretoria vandeesweek gesê het Nedbank het deelgeneem aan die openbare proses oor die onteieningskwessie. Dié bank het skriftelike en mondelinge voorleggings aan die parlementêre grondwetlike hersieningskomitee gedoen. Naidoo sê Nedbank glo grondhervorming moet geskied om die wanbalans van die verlede reg te stel. Dit kan egter plaasvind binne die huidige grondwetlike bepalings. OFM-nuus se Christal-Lize Muller doen verslag.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.