On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:20 Wed, 10 Oct 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 13:30 | News Article
Photo: Supplied

Agri SA se Agri Securitas Trustfonds maak staat op skenkings om 'n bydrae te lewer tot beveiligingsprojekte in landelike gebiede. Dié fonds het Dinsdag op Agri SA se jaarkongres in Pretoria skenkings van betrokkenes ter waarde van R3 miljoen ontvang.

Voorsitter van dié fonds, Japie Grobler, het aan OFM-nuus gesê skenkings is belangrik en is die fonds se hoofbron van inkomste om landbougemeenskappe te ondersteun in hul landelike beveiligingspogings. Dit is belangrik om landelike gebiede te beveilig sodat kosproduksie nie daardeur skade ly nie.

Volgens hom is elke skenking wat ontvang word broodnodig en word dit met groot dankbaarheid ontvang.

OFM, in samewerking met die onderskeie landboumaatskappye, NWK en Senwes, het R345 000 aan dié fonds geskenk.

EN

Agri SA aanvaar Besigheidseenheid Suid-Afrika of Busa se standpunt dat die ekonomie moet groei en korrupsie uitgeroei word voordat beduidende werkskepping in die land moontlik is. Dit is volgens die hoof van arbeid en ontwikkeling by Agri SA, Jahni de Villiers. Landbou.com berig dat Agri SA, wat 'n deelnemer aan die twee-daagse nasionale werksessie in Midrand was, die gees van samewerking verwelkom om sodoende werkskepping te ondersteun. Agri SA is, as 'n lid van BUSA, betrokke by die Nedlac-proses. De Villiers sê van die ingrypings waarop gekonsentreer sal word om werkskepping aan te moedig, sluit in die bevordering van die landbou, landbouverwerking, asook finansiering vir transformasie in die landboubedryf. Daar sal ook probeer word om Suid-Afrikaanse uitvoer te versterk en uit te brei.

EN

Suid-Afrikaanse boere is nie op hul eie nie, al voel dit dalk vir hulle so, sê uitvoerende voorsitter van African Rainbow Minerals, Patrice Motsepe. Hy het by Agri SA se jaarkongres in Pretoria gesê swart én wit boere word deur moord en misdaad geraak en dat baie van die beloftes wat politici en die regering hieroor maak, totaal nie sin maak nie. Motsepe het gesê vir ons as Suid-Afrikaners het die waarheid, en dit wat ons ervaar, 'n wesenlike invloed op ons siening en of ons vol moed is oor die toekoms. Motsepe, 'n mynmagnaat wat onder van die wêreld se rykste mense tel, het gesê hy is nie ten gunste van leë motiveringsboodskappe nie en dat feite vanselfsprekend is.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.