On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:49 Tue, 25 Sep 2018

PODCAST: Agri-nuus @ 11:00 | News Article

Die adviespaneel wat die interministeriële komitee oor grondhervorming in 'n raadgewende hoedanigheid sal bystaan, gaan hoofsaaklik navorsing doen en voorstelle maak om 'n billike en regverdige proses te verseker.


President Cyril Ramaphosa het dié paneel verlede week met die aankondiging van sy stimuluspakket vir die ekonomie bekendgemaak. Vuyo Mahlati, ontwikkelingsbeplanner en voorsitter van die African Farmer's Association (Afasa) is die voorsitter. Wandile Sihlobo, landbou-ekonoom van die landboubesigheidskamer, Agbiz; Dan Kriek, voorsitter van Agri SA; Thato Moagi, 'n ontwikkelende boer met ervaring in bestuur en organisatoriese administrasie asook Nick Serfontein, voorsitter van die Sernick-groep, is ook op dié paneel.

Intussen het die African Farmers Association of South Africa (Afasa) president Cyril Ramaphosa se stimilusplan verwelkom. Die voorsitter van Afasa, Neo Masithela, sê dié herstelplan - wat gemik is op ekonomiese groei, die herstel van beleggersvertroue, en werkskepping - plaas landbou in die middel van Suid-Afrika se nuwe pad van groei en transformasie. Afasa sê dit is veral ondersteuningsmaatreëls vir swart kommersiële boere, om hul toegang tot die voedselwaardekettings te verhoog, wat verblydend is.  

EN

Kundiges is in die proses om 'n aksieplan saam te stel teen die stompkop-kewer en sy simbiotiese swam wat alle bome bedreig. Dit kom nadat dié boomplaag, wat aanvanklik in Pietermartizburg, Durban, Johannesburg en die Tuinroete voorgekom het, ook nou in Hartswater in die Noord-Kaap kop uitgesteek het. Dit bedreig die pekanneutbedryf. Die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye se Jan-Hendrik Venter sê dit is 'n relatiewe  nuwe pes in Suid-Afrika. In die stadium is daar geen wetgewing wat dié boomplaag beheer nie. Volgens Venter vergader 'n bestuursliggaam, wat uit verskeie betrokkenes bestaan, maandeliks om plaag-beheer-opsies te bestudeer. Daar word hoofsaaklik gefokus op die beperking van die verspreiding van besmette hout, want uitwissing is nog nie 'n opsie nie.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.