On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Agriculture

#LandExpropriation Agri SA vra kalmte: OFM-nuusbulletin 07 Augustus 2018: PODCAST

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 06:50 Wed, 08 Aug 2018

#LandExpropriation Agri SA vra kalmte: OFM-nuusbulletin 07 Augustus 2018: PODCAST | News Article
Agri SA se president Dan Kriek

In die hoofstorie: Agri SA vra vir kalmte in die boeregemeenskap oor 139 plase wat glo deur die ANC geïdentifiseer is om in die komende weke onteien te word sonder vergoeding.


Volgens City Press se bronne in ANC-kringe is daar  glo reeds 139 plase uitgekies wat dié party in die komende weke sonder vergoeding wil onteien. Dit is glo in 'n poging om Artikel 25 van die Grondwet te toets. 

Agri SA se president, Dan Kriek, sê dié organisasie het daarvan kennis geneem en sal die situasie fyn dophou en indien nodig sal die organisasie hom na die Grondwethof wend om die beginsels van billikheid te verdedig en die regte van individue te beskerm.


Intussen word daar wyd bespiegel oor watter plase deur die ANC geoormerk is om in die komende weke sonder vergoeding onteien te word. In die stadium is die ANC tjoepstil daaroor. 

AfriForum se regsverteenwoordiger, Willie Spies, sê met die ANC se onduidelike plan kan daar in die stadium slegs bespiegel word oor watter plase ter sprake is. Hy meen dit kan moontlik plase wees wat reeds deur mense beset is en die plaaseienaar dit verlaat het omdat besetters oorgeneem het. Spies sê in dié geval maak dit dan nie sin om vergoeding aan die eienaar te betaal nie.

En, die  Wagyu-bedryf in Suid-Afrika groei vinnig met 'n goeie aanbod van teeldiere in die mark. Daarom bied Wagyu Suid-Afrika vandeesweek hul eerste nasionale elite veiling in Parys aan. Wagyu Suid-Afrika se uitvoerende hoof, Michael Bradfield, sê 50 lotte wat rooi en swart Wagyu-bulle en -koeie insluit, gaan op die veiling aangebied word.  



Hierdie nuusbulletin is saamgestel deur OFM-nuus se Christal-Lize Muller. Die nuusleser is Herman Human. Bel vir Christal-Lize met jou landbounuus by 082-851-8254 of stuur vir haar 'n e-pos na cmuller@centralmediagroup.co.za.


OFM-nuus






@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.