On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Steenvrugte minder, maar bedryf sal mas opkom

───   08:50 Sat, 14 Oct 2017

Steenvrugte minder, maar bedryf sal mas opkom | News Article

Paarl - Suid-Afrika sal ten spyte van die droogte-uitdaging sy steenvrug verpligtinge tot die mark kan nakom vir die 2017/18-seisoen.


Dit is volgens die vrugteverbouersorganisasie, Hortgro. 

Luidens 'n verklaring word produsente gedwing om drastiese en vindingryke planne te implementeer om klimaatstoestande teë te staan.

Hortgro vertel talle nuwe boorde is in die afgelope vyf jaar gevestig en "sal ’n beduidende impak hê op die totale uitvoerskatting met voorspellings dat ’n normale klimaatjaar 1,4 miljoen kartonne tot die pruimeskatting sou voeg, 420,000 kartonne aan die nektarienskatting en 235,000 kartonne aan die perske-skatting, soos vergelyk met die 2017-seisoen". 

As gevolg van die droogte sal hierdie toenames egter nie verwesenlik nie. 

"Dit beteken wel ’n afname van slegs 4% vir pruimuitvoer en 3% vir perske- en nektarienuitvoer in vergelyking met die 2016/17-seisoen. 

"Smaaklike vrugte met hoë suikervlakke word egter verwag en die voorkoms van plae en siektes sal waarskynlik baie laag wees weens die droë toestande," verseker Hortgro.

OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.