On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

SA Stamboek Elite 2017 toekennings vereer topprestasie in veebedryf

───   13:02 Mon, 15 May 2017

SA Stamboek Elite 2017 toekennings vereer topprestasie in veebedryf  | News Article

Toppresteerders in die stoetbedryf is met verskeie toekennings op die Standard Bank SA Stamboek Elite 2017 prysuitdelingsdinee in Bloemfontein vereer.




   

Die volgende toekennings is tydens die geleentheid gedoen:  

Veeplaas SA Stamboek Elite 2017 Platinumbul-toekenning:  

• Bonsmara:  Kruger Boerdery – Mnr. F J Kruger • Bonsmara:  Kruger Boerdery – Mnr. F J Kruger • Bonsmara:  Booger Boerdery BK – Mnr. J C B Schoeman • Bonsmara: Bogermie Boerdery Bk – Mnr. W L van Wyk • Beefmaster: Mnr. C A Jansen van Rensburg  

Landbouweekblad SA Stamboek Elite 2017 Platinumkoei-toekennings:  

• Angus: Loumotta Angusstoet - Mnr. L E Campher • Afrikaner: Grootkuil Afrikanerstoet - Mnr. D T van Rensburg • Ankole: Rensbou Ankole - Mnr. Dail van Rensburg • Romagnola: Rensbou Ankole - Mnr. D T van Rensburg • Beefmaster: Beefmaster Alliance - Mnr. A M da Costa • Bonsmara: Op-die-Aarde Bonsmarastoet, Mev. Helmien van den Berg  


• Bonsmara Namibie: Helku Family Trust– Mrs H G H Oestlund • Charolais: Eslau Charolais-stoetery- Mnr J S Müller • Drakensberger: Grasmunt Drakensbergerstoet- Mnr C H Nel • Hereford: Vicedale Herefords BK-  Heiko Köster • Hugenoot: Pan Lochner Boerdery Edms Bpk- Mr I J J Lochner • Nguni: Eksteen Nguni’s & Sanga’s- Mnr J P Eksteen • South Devon:  Mr J F Miller • Sussex:  Mnr J T P van Zyl • Tuli: Donderhoek Boerdery Trust- Mnr B J Raath    

Unistel SA Stamboek Elite 2017 Ontwikkelende Stoetteler van die jaar het gegaan aan:  

• Brooklyn Farm, Komga - Mr A Z Tyali  

Die Farmer’s Weekly SA Stamboek Elite 2017 Mentor Teler van die jaar toekenning is gemaak aan:  

• Sernick Bonsmara Stud– Mr Nick Serfontein  

Die volgende finaliste het gekwalifiseer om aan die  Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017  Bulgroeitoetsklas deel te neem:  

• ANGUS (Rooi): RC Malherbe & Vennote • ANGUS (Swart): H Otto and Anneri Otto • BRAHMAN: H Bruwer • BRAUNVIEH:  J J Bester & Dogters- Hans Bester • CHAROLAIS:  C I Burger and Clara Bruwer • DEXTER:  CF van Tonder & Seun- Coen van Tonder • DRAKENSBERGER:  Gawie Roux • HEREFORD:  Russell Clark • HUGENOOT:  Pan Lochner Boerdery - Pan Lochner • PINZGAUER:  Bertie van Zyl and Paul Bester  • PINZYL:  Bertie van Zyl and Paul Bester • SANTA GETRUDIS – Desmond Robertson • SENEPOL:  Ekland Agri (Pty) Ltd- Danie Nieuwoudt • SIMBRA:  Cornelis Derksen Trust- Kerneels Derksen • SIMMENTALER:  Stansim Simmentalers- Werner Stander • SOUTH DEVON:  Tielman Nieuwoudt • SUSSEX – G B Keyser

• TULI – RT Clark and A J Marx  

SOUTH DEVON:  Tielman Nieuwoudt is as wenner van die Bulgroeitoetsklas aangewys.  

Die Vleissentraal SA Stamboek Stoetteler van die Jaar-toekennings is in die volgende kategorieë gemaak en die volgende wenners is aangekondig:    

- Elite 2017 Vleisbees Stoetkudde van die jaar toekenning:      Bonsmara: Frans van den Berg Trust - Helmien van den Berg  

- Elite 2017 Suiwel Stoetkudde van die jaar toekenning:      Jerseys: Kluitjieskraal Jerseys - A.J. Schoonwinkel  

- Elite 2017 Kleinvee Stoetkudde van die jaar toekenning:      Boerbok: Louis van Rensburg  

- Elite 2017 Perde Stoetkudde van die jaar toekenning:      Saalperde:  W J van Bergen  

- Elite 2017 Vark Stoetkudde van die jaar toekenning:       Vark : Leanside (Pty)Ltd – Mnr Shaun Mockford  

- Elite 2017 Wildkudde van die jaar: Wild: Valley Venture - Mev.Tina de Jager  

Die Taurus Evolution SA Stamboek Elite 2017 Genetiese Suiwelkudde van die jaar wenners is : Holstein: Inovula (Edms) Bpk – Dr Kobus Hendriks  

SA Stamboek wens alle pryswenners baie geluk met hul prestasie.  Die SA Stamboek Elite  2017 program het dit ten doel om prestasie binne die stoetbedryf te beloon en die algemene kwaliteit van diere te bevorder.    

Meer oor die kriteria  

SA Stamboek se toekennings vir die diere en kuddes word nie op grond van nominasies of inskrywings gedoen nie. Alle diere op die Logix-stelsel kom in aanmerking. Die toekennings word programmaties gedoen volgens die volgende kriteria:  

Veeplaas SA Stamboek Elite 2017 Platinumbul-toekennings:

 - Dier moes ‘n plaas-of sentrale groeitoets voltooi het in die voorafgaande jaar tussen 1 Julie en  30 Junie.

 - Die bul moet aktief wees met verloop van die verslag en nie gekanselleer wees nie.

 - Die moeder moes twee of meer keer ‘n Elite Goud-toekenning ontvang het in die voorafgaande twee of meer jare. 

- Dier moet SP of hoogste status in die ras hê. 

- Toetsgrootte >15/kontemporêre groep. 

Teelwaarde-indekse:  

- Geboorte direk >90.

 - Speen direk >100.

 - Speen maternaal >100.

 - Rangskik volgens GDT teelwaarde-indeks.

 - Kies beste vyf bulle met vrugbaarheidsteelwaarde-indekse >90.  

Landbouweekblad SA Stamboek Elite 2017 Platinumkoei-toekennings:

- Die koei moes Elite-Goud toekenning as BPK ontvang het gedurende die betrokke jaar.

- Die koei mag nie tevore Elite–Platinum toekenning gekry het nie. 

- Die koei se gemiddeldde tussenkalfperiode mag nie 400 dae oorskry nie. 

- Die koei mag een kalf ouer as speen (270 dae) sonder  speengewig hê. 

Die volgende aspekte sal beoordeel word om uit die kwalifiserende koeie (sien bogenoemde item 1 tot 4), die beste koei per ras te identifiseer: 

Koeiwaarde beter of gelyk aan 100. 

- Persentasie retensie van haar nageslag, in ag genome geslag en stamboek status van elke kalf. 

- Persentasie kalwers prestasie getoets (met geldige geboorte- en speengewigte). 

- Aantal kalwers met geldige speengewigte in ag genome die koei se ouderdom. 

- Dae sedert die laaste kalwing op die lopie datum nie > 400.  

Unistel SA Stamboek Ontwikkelende Stoetteler van die jaar-toekenning:  

Die wenner ontvang ‘n kontantprys, geborg deur Unistel vir die aankoop van stoetverse, Die toekenning word gemaak aan ‘n ontwikkelende stoetteler wat werklik gegroei en ontwikkel het tot ‘n volwaardige stoetteler.  Nominasies word van alle Telersgenootskappe aangevra en die wenner word op grond van die bogenoemde kriteria en motivering van die Genootskap aangewys.    

Farmer’s Weekly SA Stamboek Elite 2017 Mentor teler van die jaar-toekenning:  

Hierdie persoon is ‘n bestaande stoetteler wat ‘n betekenisvolle bydrae lewer tot die opheffing van ‘n boer of boere in die ontwikkelende sektor. Hiermee wil ons graag erkenning gee aan ‘n teler wat hom of haar onderskei het in opheffingswerk en mentorskap aan ontwikkelende boere. Nominasies word van alle Telersgenootskappe aangevra en die wenner word op grond van die bogenoemde kriteria en motivering van die Genootskap aangewys.  

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Bulgroeitoetsklas-toekenning:  

- Die bul moes ‘n Plaas- of Sentrale Bulgroeitoets voltooi het in die periode 1 Julie tot 30 Junie die voorafgaande jaar.

 - Om te kwalifiseer moes die bulle die volgende minimum indekse behaal het; ? Speen indeks  >95 ? GDT indeks  >100

 - VOVindeks  >100 (net vir sentrale groetoetse) ? Bulle wat in n plaasgroeitoets ge-evalueer is se Beraamde Teelwaarde indekse vir speen en GDT moet =95 wees.

 -  Die lys van genomineerde bulle word aan die betrokke rasgenootskap voorsien wat hieruit die bul aanwys om die ras te verteenwoordig in die Sentrale Bul groeitoets klas.

 - Ten minste drie bulle word deur drie interras beoordelaars op grond van visuele beoordeling in die ring, aangewys. Die algehele wenner word uit die aangewese bulle bepaal deur ‘n rangorde saamgestel op grond van die drie bulle se genetiese meriete en produksie-meting gegewens.

  Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Kleinvee en Vleisbeeste Stoetkudde van die jaar-toekenning:  

Toekennings word gemaak aan die verskillende spesies op grond van die objektiewe evaluering van: 

- Reproduksie prestasie. 

- Produksie prestasie. 

- Akkuraatheid van data. 

- Gereelde deelname in en volledigheid van aantekening (registrasie en prestasie). 

- Gemiddelde Logix teelwaardes van die diere in die kudde.

- Deelname in telersgenootskap en bedryfsaktiwiteite.      

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Suiwel Stoetkudde van die jaartoekenning:  

- Vastestof-gekorrigeerde melkproduksie. 

- Reproduksieprestasie. 

- Somatiese seltellings. 

- Kuddesamestelling. 

- Aantekeningspraktyke. 

- Genetiese vlak van kudde.  

Taurus Evolution SA Stamboek Elite 2017 Genetiese Suiwelkudde van die jaar toekenning:  

Die Suiwelkudde met die hoogste genetiese vlak vir die seleksie-indeks van die betrokke Telersgenootskap.  

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Perde en Varke Stoetkudde van die jaartoekennings:  

- Korrektheid van data 

- Gereelde deelname in aantekening (registrasie en produksie). 

- Deelname in telersgenootskap en bedryfsaktiwiteite.  

Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Wildkudde van die jaar-toekenning:  

- Kudde met die beste aantekeningspraktyke. 

- Data-integriteit. 

- Deelname aan bedryfsaktiwiteite.  

Dankie aan ons borge  

Ons wil graag die volgende borge opreg bedank vir hulle getroue ondersteuning van die Stamboek Elite 2017 program:  

- Standard Bank vir die naamborg van ons Elite 2017 Gala Dinee

- Vleissentraal vir die borg van die Bulgroeitoetsklas asook die Stoetkudde van die jaar toekennings vir Vleisbeeste, Suiwelbeeste, Varke, Perde, Wild en Kleinvee 

- Voermol vir die naamborg van ons Elite 2017 Teeltsimposium 

- MSD Animal Health as borg by die Elite 2017 Teeltsimposium 

- Landbouweekblad, vir die borg van die Elite 2017 Platimum-koei toekennings asook mediablootstelling aan die Elite 2017 program 

- Unistel vir die borg van die Elite 2017 Ontwikkelende Stoetteler van die jaar en finansiering vir die aankoop van verse vir die wenner 

- Farmer’s Weekly, vir die borg van die Mentor teler van die jaar, ‘n kontant prys asook mediablootstelling aan die Elite 2017 program 

- Veeplaas, vir die borg van die Elite 2017 Platinum-bul toekennings asook mediablootstelling aan die Elite 2017 program 

- Taurus Evolution, vir die borg van die Elite 2017 Genetiese Suiwelkudde van die jaar toekennings. 

- De Heus en DeLaval vir addisionele pryse aan die Vleissentraal SA Stamboek Elite 2017 Kudde van die jaar . 

- PSG, Mcubed, Bloemskou en Two Oceans vir borgskap en betrokkenheid.

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.