On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Miljoene aan studente in die sagtevrugtebedryf

───   13:34 Wed, 10 May 2017

Miljoene aan studente in die sagtevrugtebedryf | News Article

HORTGRO, landbouvennoot in die sagtevrugtebedryf, gaan vanjaar R3,7 miljoen in beurse en opleiding aan universiteitstudente skenk.


Die groep het reeds die afgelope 14 jaar nagenoeg R35 miljoen in beurse belê as ’n bydrae tot ’n opgeleide landbouwerkersmag, is in 'n persverklaring gesê. 

Dié studente studeer tans aan die Universiteit Stellenbosch, die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie, Elsenburg en die universiteite van Limpopo, Pretoria en die Vrystaat.

Anton Rabe, uitvoerende direkteur van HORTGRO, het by ‘n onlangse geleentheid gesê ’n opgeleide werkersmag is noodsaaklik om die R11 miljard sagtevrugtebedryf verder te laat groei.

Hy sê landbou, en veral die sagtevrugtebedryf, dra grootliks by tot Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP). Dié bedryf verskaf ook werk aan derduisende mense. Rabe het ook die belangrikheid van vooruitgang met tegnologie en die ontwikkeling van mense beklemtoon. 

Volgens hom is daar nog harde werk wat voorlê om jongmense te oortuig dat ’n loopbaan in landbou voordelig sal wees.

Die tuinbou- en tegnologiebedryf is besig om te ontwikkel en daar lê nog baie geleenthede in die volgende 20 tot 30 jaar voor, sê Rabe.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.