On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Anny
Listen Live Streams

Agriculture

Lewer kommentaar oor beleid rakende Brusellose voorkoming

───   12:59 Wed, 10 May 2017

Lewer kommentaar oor beleid rakende Brusellose voorkoming | News Article

Belangstellende instellings, individue en organisasies word genooi om deel te neem aan ‘n besprekingsdokument rakende die hersiening van die regulasies oor die dieresiekte Bovine Brucellosis.


Die regulasies val onder die Wet op Dieresiektes (35 van 1984), die Dieresiekteregulasies en Bovine Brucellosis-skema.

Die Department van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF) is besig om die huidige benadering en wetgewing rakende die kontrole van brusellose, oftewel Besmetlike Misgeboorte, te hersien.

Dr. Sewellyn Davey, voorsitter van die Brusellose werkskomitee van die Nasionale Dieregesondheidsforum verduidelik wat brusellose is. Dit is 'n bakteriese siekte wat die voortplantings- en geslagsdele van die beeste aantas.

Davey nooi mense om op die departement se webblad kommentaar op die besprekingsdokument te lewer. Die webadres is: http://www.daff.gov.za


OFM-nuus


Podcasts

Dr. Sewellyn Davey:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.