On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Van Noordwes se boere in oesversekeringskrisis

───   16:00 Thu, 13 Nov 2014

Van Noordwes se boere in oesversekeringskrisis | News Article

Bloemfontein - Van Noordwes se boere sit in die knyp omdat hulle nie oesversekering en gevolglik ook nie produksielenings vir die komende plantseisoen kan kry nie.

Agri-Noordwes se hoofbestuurder, Boeta du Toit, sê sommige boere het hul boerdery gestaak. Ander het van hul grond in die mark gesit vir geld om te kan plant.
 
Du Toit en Agri SA se Kosie van Zyl sê van die faktore wat hiertoe bygedra het, is die laaste twee jaar se droogtes, groot versekeringseise in die verlede asook hoë insetkostes met lae winsmarges.
 
Van Zyl sê in gesprekke tussen Agri SA, Graan SA, die herversekeraar Munich Ru en plaaslike versekeraars het dit geblyk daar is min wat vir boere gedoen kan word.
 
Hoëvlak-gesprekke word gevoer oor die regering se beoogde oesversekeringskema, maar ook dit is nie betyds om vir die Noordwes-boere 'n uitkoms te wees nie.
 
Dirk Kok/OFM-nuus 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.