On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

#SABC kondig moontlike massa-afleggings aan

───   08:25 Tue, 30 Oct 2018

#SABC kondig moontlike massa-afleggings aan | News Article

Die SABC het personeellede in kennis gestel dat hulle moontlik met massa-afleggings sal begin.


Personeel het Maandag 'n kennisgewing ontvang van die SABC se voorneme om voort te gaan met die toepas van artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Dié proses is aanvanklik gestaak ná 'n gesamentlike vergadering op 12 Oktober met georganiseerde arbeid om konsensus oor die kwessie te bereik. 

Daar is onder meer op die vergadering ooreengekom dat 'n verteenwoordiger van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) aangestel sal word. Die kennisgewing lees: “Dit word in die vooruitsig gestel dat alle werknemers op alle vlakke in die SABC deur die herstrukturering geraak sal word. In dié stadium, sou die afleggings voortgaan, word dit voorsien dat 981 werknemers moontlik afgelê sal word as gevolg van die herstrukturering. 

"Dit sal alle sake-eenhede en bedrywighede van die SABC raak. Uit die 2 400 vryskutwerkers sal 1 200 geraak word.” 

Volgens die SABC sal groepsdienste, provinsiale dienste, mediategnologie en infrastruktuur, nuus, radio, sport en televisie geraak word. “Dié aksie behoort 'n besparing van R440m per jaar tot gevolg te hê, selfs op primêre vlak. Die bedrag sluit die beplande besparings weens die vermindering van die vryskutwerkers uit.”

Die SABC sê dit is verbind tot alle wetlike vereistes en sal personeel ingelig hou soos die proses verloop.


ANA

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.