On Now
Weekends 09:00 - 12:00
The Central SA Top 30 Nolwethu
NEXT: 12:00 - 16:00 Saterdag Siësta with Laurika
Listen Live Streams

National

Transitorooftogte beklemtoon behoefte aan onafhanklike spesialiseenhede - AfriForum

───   13:41 Wed, 23 May 2018

Transitorooftogte beklemtoon behoefte aan onafhanklike spesialiseenhede - AfriForum | News Article

Daar was volgens Ian Cameron, AfriForum se hoof van veiligheid, sedert die begin van 2018 reeds meer as 135 transitorooftogte in Suid-Afrika.


Gauteng is die ergste geraak. AfriForum is daarom van mening dat onafhanklike spesialiseenhede gevestig moet word om hierdie misdaad hok te slaan.

 

“Dit is werklik kommerwekkend dat polisielede in verskeie transitorooftogte gearresteer en vervolg word. ’n Spesialiseenheid is dus al manier om te verseker dat hierdie tipe misdaad uitgeroei word. Politieke inmenging uit ANC-geledere het verder ’n invloed op die swak gehalte van sekere beamptes in die polisiediens,” sê Cameron.

 

Hierdie kwessie kan volgens Cameron nie slegs voor die polisie se deur gelê word nie – die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) dra ook skuld. 


"Transitorowers is professionele misdadigers; hulle weet presies waarmee hulle besig is en is opgelei. Hulle moet derhalwe doeltreffend vervolg word.”


Verklaring verskaf.

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.