On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

National

Minister het nooit Gordhan verslag gesien

───   09:22 Sat, 08 Apr 2017

Minister het nooit Gordhan verslag gesien | News Article
Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo (Gallo)

Pretoria - Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo, het gisteraand bevestig dat hy nog nie die sogenaamde intelligensieverslag gesien het nie wat tot die afdanking van die minister van finansies, Pravin Gordhan, gelei het.


Hy het gepraat op 'n mediakonferensie ná afloop van gister se landwye anti-Zuma-betogings.

Hy het die president se kabinetskommeling verdedig en gesê dis sy reg as president. 

Mahlobo verduidelik dat hy nie die dokument gesien het nie, want niemand het dit aan die department oorhandig nie.

Intussen het die nuwe minister van polisie, Fikile Mbalula, na Gordhan gekap en gesê dat hy slegs die rykes verteenwoordig. “Die mense rebelleer nie teen die ANC nie, maar dit is monopolie-kapitaal wat ons mense manipuleer met die doel om ’n agenda te bevorder.” Hy het op 'n vergadering van ANC-jeuligalede in Durban gepraat.

Gordhan het vroeër aangedui dat hy nie uit die Nasionale Vergadering sal bedank soos ander ministers wat saam met hom die trekpas gekry het nie. 

Hy sê hy wag vir die mosie van wantroue in President Jacob Zuma wat op 18 April gedebatteer word. 

Intussen het die speaker in die Nasionale Vergadering, Baleka Mbete, gesê sy het nie die mag om te besluit of 'n mosie van wantroue deur 'n geheime stemming bepaal moet word of nie. 

Mbete het gereageer op 'n brief van die UDM wat eis dat 'n geheime stemming gehou word.


eNCA/JacarandaFM-nuus/SAUK





Podcasts

Die minister van staatsveiligheid, David Mahlobo:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.