On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

National

ANC meen inbraak aanval op demokrasie

───   10:32 Sun, 19 Mar 2017

ANC meen inbraak aanval op demokrasie | News Article

Johannesburg - Die ANC het die inbraak by die Hoofregter se Administratiewe Kantore in Midrand, noord van Johannesburg, as 'n regstreekse aanval op die demokrasie, wat die regbank insluit, bestempel.


Die inbrekers het gister 15 rekenaars van die afdeling van Menslike Hulpbronne gesteel wat inligting bevat oor die land se regters, onder meer hul adresse. 

ANC-kommunikasiehoof, Khusela Sangoni, het aan eNCA gesê dat politici nou ook die voorval vir hul eie gewin gebruik.

Die SAUK berig verder in wat blyk 'n afsonderlike voorval te wees, is 'n regter van die Gautengse afdeling van die Hooggeregshof, Ramarumo Monama, 'n paar uur later deur gewapende rowers by sy huis aangehou. 

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het 'n beroep op die polisie gedoen om te verseker dat die skuldiges vasgetrek word. 

eNCA/SABC




Podcasts

ANC kommunikasiehoof Khusela Sangoni :

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.