On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Opposisie partye ontevrede oor OB-verslag

───   14:50 Fri, 14 Dec 2018

Opposisie partye ontevrede oor OB-verslag | News Article
Photo: File image

Opposisie partye in die Manguang Metro Munisipaliteit het hul ontevredenheid uitgespreek oor die jongste verslag van die Openbare Beskermer oor die multi-miljoenrandse taxi staanplek wat in onbruik staan.


DA LP Patricia Kopane sê daar is baie vrae oor die gebou wat nie in die verslag aangespreek is nie. Sy sê die gebou het volgens die verslag sowat R400m gekos, maar toe dit onlangs gewaardeer is, is daar gevind dat dit slegs op R40m vasgestel is. 

EFF Raadslid Baba Sebolao, sê die verslag is ‘n teleurstelling. 

Die feit dat die taxi staanplek al vir jare in onbruik verval het, het egter nie deel uitgemaak van die ondersoek nie en die verslag bevat dus geen bevindinge hieroor nie. 

Sebolao sê die verslag bereken wel die koste van die projek, maar dit word ook betwyfel.

Dit is die tweede verslag van die Openbare Beskermer, wat volg ná Vrystaatse ondersoeke, wat onder kritiek deurloop. 

Uitspraak is voorbehou in die DA in die provinsie se ‘n hofaansoek vir die hersiening van die Vrede verslag oor die omstrede multi-miljoenrandse Vrede Suiwelprojek.


OFM-nuus/ Cathy Dlodlo and Olebogeng Motse

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.