On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Nuus pas ontvang: Lyk van vermiste Bloemfonteinse vrou glo gevind.

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:10 Wed, 13 Jun 2018

Nuus pas ontvang: Lyk van vermiste Bloemfonteinse vrou glo gevind. | News Article
Natasha

Die lyk van die vermiste Bloemfonteinse vrou, Natasha Mans, is na bewering in 'n veld gekry nadat sy bykans twee weke gelede spoorloos verdwyn het.


Volgens inligting is haar lyk gekry naby die huis in die Groenvlei-gebied buite die stad, waar sy saam met haar vriend, met wie sy in 'n romantiese verhouding was, gebly het. 

OFM-nuus verneem die polisie is tans op die toneel. Die polisie se woordvoerder, Wendy Nkabi, het nog nie op OFM-nuus se navraag gereageer nie. Nkabi het wel vroeër aan OFM-nuus gesê Mans het vanjaar op 31 Mei dié huis met haar vriend se vuurwapen verlaat. Sy het ook 'n brief agtergelaat waarin sy haar familie ingelig het dat sy weggaan. 

Volgens inligting is daar aanvanklik beweer Mans het met haar vermoorde tienerdogter, Noeline Koekemoer, se 'as' verdwyn, maar die 'as' is na bewering later in die huis in Groenvlei gevind. Koekemoer is  in 2015 in  Bainsvlei, buite Bloemfontein, waar sy toe saam met haar ma (Mans) in 'n woonstel gebly het, verkrag en vermoor. Sy is met 'n stomp voorwerp geslaan en is ook gewurg

Moses Maoka is in hegtenis geneem vir Koekemoer se verkragting en moord en is sowat agt maande later twee keer lewenslange tronkstraf opgelê.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.