On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Plofstof in huiskerk gekry

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:12 Thu, 22 Mar 2018

Plofstof in huiskerk gekry | News Article

’n Vrou wat glo ‘n kerkleier is, en haar seun van Theunissen, is agter tralies nadat plofstof in hul huis, wat ook as 'n kerk gebruik word, gevind is.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Thandi Mbambo, sê die eenheid vir openbare orde in Welkom het Maandag omstreeks 16:00 inligting ontvang dat mense in Theunissen in besit van plofstof is. 

Volgens Mbambo het dié reaksiespan en lede van 'n provinsiale taakspan van 19:00 tot Dinsdagoggend 'n intelligensie-gedrewe operasie in Masilonyana uitgevoer.

Inligting is opgevolg en daar is Dinsdag in die vroeë oggendure op ‘n huis toegeslaan.

Dié huis is deursoek en “heelwat plofstof”, wat vermoedelik gebruik word om kitsbanke mee op te blaas, is in die huis gekry.

‘n Vrou (47) en haar 31-jarige seun is op die toneel op 'n klag van die onwettige besit van plofstof in hegtenis geneem.

Volgens Mbambo het dit later aan die lig gekom dat dié plofstof gebruik sou word om OTMs in Welkom op te blaas.

Hulle sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof verskyn.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.