On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

DA bekommerd oor Ladybrand-plaasaanval naby Lesotho-grens

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:29 Thu, 22 Mar 2018

DA bekommerd oor Ladybrand-plaasaanval naby Lesotho-grens | News Article

Die DA in die Vrystaat meen gespesialiseerde polisie-eenhede vir landelike veiligheid is die oplossing om plattelandse gemeenskappe te beskerm.


Dit kom nadat 'n plaasbestuurder wreed vermoor en sy vrou aangerand is buite hul huis in die Ladybrand-gebied. Die DA se Leona Kleynhans sê dit is kommerwekkend dat die aanval op 'n plaas naby die Lesotho-grens plaasgevind het, waar veiligheidstrukture in plek behoort te wees.

Die 40-jarige Thankiso Pharoe en sy vrou is Maandagaand deur twee mans oorrompel toe hulle op die plaas Brandenburg tuisgekom het, waar hulle gebly en hy gewerk het. Hulle is met toue aan 'n draadheining vasgebind. Die aanvallers het geld, die egpaar se motor en bankkaarte geëis.

Pharoe en sy vrou is herhaaldelik met messe aangeval. Hy is op die toneel dood. Sy vrou kon wegkom om hulp te ontbied. Die aanvallers het met die egpaar se motor op die vlug geslaan, maar 'n ent van die plaas het hulle vermoedelik beheer daaroor verloor en dit het omgeslaan. Hulle het verder te voet gevlug. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.