On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vrystaatse LUR besoek slagoffer van Ladybrand-plaasaanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:16 Wed, 21 Mar 2018

Vrystaatse LUR besoek slagoffer van Ladybrand-plaasaanval | News Article

Die vrou van 'n vermoorde plaasbestuurder, wat na bewering tydens 'n aanval by hul huis buite Ladybrand verkrag is, is uit 'n plaaslike hospitaal ontslaan.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Loraine Earle, sê dié 39-jarige vrou en haar 40-jarige man is Maandagaand deur twee mans buite hul plaashuis met messe oorval. Hulle is aan 'n draadheining vasgebind waar die plaasbestuurder aan sy wonde beswyk het. 

Die vrou, wat ook 'n steekwond opgedoen het, is deur een van die aanvallers in die huis ingedwing. Die ander aanvaller het buite gewag. Sy is toe glo verkrag.  

Earle sê die aanvallers het geld, 'n motor, bankkaarte en selfone geëis. Hulle het in die egpaar se Corsa-motor op die vlug geslaan en sowat 1km buite die plaas vermoedelik beheer daaroor verloor. Die plaas is naby die Lesotho-grens. Die aanvallers het verder te voet met die egpaar se bankkaarte gevlug. Die polisie het beslag gelê op selfone wat in die motor gevind is. Volgens Earle het die vrou daarin geslaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. 

Intussen het die woordvoerder van die Vrystaatse departement van landbou, Zimasa Mbeu, bevestig die LUR, Oupa Khoabane, gaan die vrou, wat na bewering verkrag is, môre in Ladybrand besoek. Mbeu sê Khoabane het gister van die wrede aanval verneem en is diep bekommerd oor plaasaanvalle oor die algemeen.

Nog niemand is sover in hegtenis geneem nie. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.