On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Vryheidsfront Plus kweek internasionale bewustheid oor plaasmoorde

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:36 Wed, 21 Mar 2018

Vryheidsfront Plus kweek internasionale bewustheid oor plaasmoorde | News Article

Dit is duidelik dat die ANC in 'n arrogante ontkenningstadium is oor plaasmoorde en grondonteiening sonder vergoeding, wat 'n werklikheid in Suid-Afrika is.


Dít is die boodskap van die Vryheidsfront Plus wat die mees onlangse moord op 'n plaasbestuurder en die beweerde verkragting en aanranding van sy vrou op 'n plaas buite Ladybrand in die Vrystaat, ten sterkste veroordeel.

Die politieke party se provinsiale leier, Jan van Niekerk, sê die Vryheidsfront Plus sal nie rus in sy pogings om die wêreld in te lig oor die harde werklikheid en die lot van minderhede in die land nie.

Van Niekerk voeg by dat plaasmoorde in Suid-Afrika asook elke ander moord onaanvaarbaar is.   

Intussen soek die polisie in die Vrystaat twee mans in verband met die wrede moord op die 40-jarige plaasbestuurder en die verkragting van sy 39-jarige vrou. Die egpaar is Maandagaand buite hul plaashuis aangeval en vasgebind. Hy is herhaaldelik met messe aangeval en is op die toneel dood. Sy is in die huis in gedwing en na bewering deur een van die aanvallers verkrag.

Die aanvallers het met die egpaar se motor op die vlug geslaan en ‘n ent van die plaas vermoedelik beheer daaroor verloor, waarna die motor omgeslaan het. Hulle het verder te voet met die egpaar se bankkaarte gevlug.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.