On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Vrystaatse plaasbestuurder wreed vermoor, vrou verkrag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 07:47 Wed, 21 Mar 2018

Vrystaatse plaasbestuurder wreed vermoor, vrou verkrag | News Article

'n Grootskaalse soektog is begin na twee mans in verband met die wrede moord op 'n plaasbestuurder en die aanranding en verkragting van sy vrou op 'n plaas naby Ladybrand.


Polisiewoordvoerder in die Vrystaat, Loraine Earle, sê die 40-jarige plaasbestuurder en 39-jarige vrou is Maandagaand buite hul plaashuis deur twee mans oorval. Hulle het van die dorp af teruggekom. Sy sê die egpaar is buite aan 'n draadheining vasgebind.

Hy is toe herhaaldelik met messe aangeval en is op die toneel dood. Sy vrou, wat ook met messe gesteek is, is deur een van die aanvallers in die huis in gedwing. Die ander aanvaller het buite gewag. 

Earle sê sy is toe na bewering verkrag. Die aanvallers het geld, 'n motor, bankkaarte en selfone geëis.  

Volgens Earle kon die vrou daarin slaag om weg te kom toe die aanvallers haar na 'n pakhuis op die plaas, waar die egpaar se Corsa-motor was, gedwing het. Sy het hulp ontbied.

Die aanvallers het met dié motor op die vlug geslaan en sowat 1km buite die plaas vermoedelik beheer daaroor verloor. Hulle het verder te voet gevlug, slegs met die egpaar se bankkaarte. Selfone is in die motor gekry. 

OFM-nuus verneem die erg getraumatiseerde vrou sterk steeds in 'n hospitaal aan. 

Die egpaar se kinders was nie tuis ten tyde van die aanval nie.

Klagte van moord en verkragting word ondersoek, sê Earle.

Die egpaar se name word nie gepubliseer nie omdat 'n seksuele misdaad na bewering gepleeg is. 


OFM-nuus



 



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.