On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

#OFMBeHappy: Polisie maak deurbraak teen dwelmhandel

───   MARK STEENBOK 16:04 Tue, 20 Mar 2018

#OFMBeHappy: Polisie maak deurbraak teen dwelmhandel | News Article

Die polisie in Noordwes het ‘n deurbraak in die geveg teen dwelmhandel in die provinsie gemaak nadat dwelms van ongeveer R360 000 in die besit van twee verdagtes gevind is.


Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê die polisie het inligting opgevolg van twee meisies wat vermis was, wat hulle na ‘n huis in Proteaweg gelei het.  

Sy sê die polisie het die twee verdagtes, tussen die ouderdomme van 30 en 36, in die huis gevind waar hulle besig was om dwelms te verpak.

Sy sê die polisie het beslag op verskeie dwelms en selfone gelê. Die polisie het onder meer ecstasy, kokaïene, tik en cat gekonfiskeer. 

Die verdagtes sou na verwagting vandag in die hof verskyn het. 

Die Provinsiale Polisiekommissaris, Baile Motswenyane, het die polisie in Vryburg geloof vir hul vinnige optrede.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.