On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein-verkeer ontwrig nadat minibustaxi in botsing omslaan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:20 Wed, 21 Feb 2018

Bloemfontein-verkeer ontwrig nadat minibustaxi in botsing omslaan | News Article

Minstens tien mense is vanoggend beseer toe 'n minibus-taxi omgeslaan het en twee motors in Bloemfontein, in die rigting van Heidedal, getref het.


Paramedici van ER24 en die Vrystaatse provinsiale ambulansdiens het die taxi met hul aankoms op die toneel in Dr. Belcherweg op sy kant gekry waar dit langs die pad gelê het. ER24 se woordvoerder, Russel Meiring, sê die twee motors wat getref is, het in die pad tot stilstand gekom.

Die mense wat in die ongeluk beseer is, is op die toneel deur paramedici gestabiliseer en na onderskeie plaaslike hospitale vervoer. Volgens hom het niemand ernstige beserings opgedoen nie. Niemand is dood nie.

OFM-nuus se joernaliste berig die pad is steeds vir verkeer gesluit. Die polisie en verkeersbeamptes is op die toneel. Die wrakstukke van die minibus en 'n wit Toyota Corolla moet nog van die toneel verwyder word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.