On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Khoisan-aktiviste beskuldig Zuma van leuens

───   16:09 Mon, 18 Dec 2017

Khoisan-aktiviste beskuldig Zuma van leuens | News Article
Gallo Images

Khoisan-aktiviste beskuldig president Jacob Zuma daarvan dat hy lieg wanneer hy aan swartmense vertel dat die land aan hulle behoort.


‘n Klein groepie aktiviste het gister by die ANC-konferensie byeengekom en gesê Zuma moet minder klem op politiek en meer klem op mense lê. Die Khoisan sê hulle word in die grondhervormingsproses eenkant toe geskuif. eNCA berig dat die Khoisan-massabeweging se Joseph Daniel Marble gesê het “die Khoisan is die eienaars van die grond in Suid-Afrika”.

‘n Khoisan-groep het verlede week na die Uniegeboue opgeruk. Hulle sê hulle sal aanhou betoog totdat die president met hulle vergader. Hulle het egter beklemtoon dat hulle niemand probeer wegjaag nie. “Onthou, ons het die Nguni-mense in die land verwelkom. Ons het die witmense in die land verwelkom. Ons is nie rassiste nie. Ons wil net hê ons regte moet erken word,” het Marble gesê. Die ANC sal na verwagting volgende week die grondhervormingsbeleid bespreek.


Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.