On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Alles op dreef vir #FSANC-kongres in Parys

───   11:31 Sun, 10 Dec 2017

Alles op dreef vir #FSANC-kongres in Parys | News Article
FOTO: Dane Beisheim

Die ANC in die Vrystaat is slaggereed vir sy provinsiale kongres wat vanoggend in Parys afskop. Dit is volgens partylede wat dit bywoon ondanks die omstredenheid van die kongres.


Tydens die aanloop na die kongres – wat oorspronklik vir 1 Desember geskeduleer was – is die Provinsiale Uitvoerende Komitee (PUK) van die ANC in die Vrystaat verskeie kere na die Vrystaatse Hooggeregshof toe gesleep.

Met die laaste dringende aansoek het die hof beslis dat 29 takke se algemene takvergaderings nietig verklaar word. OFM-nuus het intussen verneem dat ‘n groep, wat bestaan uit partylede wat op streekvlak leiersposisies beklee, ook nou sy stem gevoeg het by diegene wat meen dat die kongres nie moet voortgaan nie.

OFM-nuus se Dirk Kok berig dat die groep ‘n sterk bewoorde brief aan die provinsiale leierskap gestuur het.

Intussen sit beswaarde ANC-lede van die provinsie met hul regsverteenwoordigers om die tafel om die kongres amptelik nietig en ongeldig te verklaar.

Die ANC in die Mangaung-streek se Monnapule Ntamo sê daar is ontevredenheid in al vyf dié provinsie se streke oor die kongres en hulle het ontevrede partylede versoek om dit te boikot.

Ondanks al die pogings om die kongres uitgestel te kry, sê die ANC se provinsiale leierskap hulle is oorgehaal en gereed om binnekort met die kongres te begin. ANC-woordvoerder in die Vrystaat, Thabo Meeko, sê alles is in plek vir die kongres om te begin.

OFM-nuus se Dane Beisheim is in Parys en berig die dorp is ‘n miernes van bedrywigheid met afgevaardigdes wat vroeër vanoggend by die Woodlands Country Lodge buite die dorp begin opdaag het. Volgens Beisheim is daar ‘n sterk polisieverteenwoordigheid by die lodge se ingang asook in die dorp self.


OFM-nuus/Dirk Kok, Cathy Dlodlo en Dane Beisheim

Kliek hier vir meer OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.