On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Munisipaliteite se waterskuld onder loep in Parlement vandag - #WaterCuts

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:45 Wed, 29 Nov 2017

Munisipaliteite se waterskuld onder loep in Parlement vandag - #WaterCuts | News Article

Die enorme uitstaande skuld van munisipaliteite aan waterrade in Suid-Afrika gaan vandag ‘n draai in die Parlement maak op ‘n gesamentlike sitting van die Portefeuljekomitee vir Water en Sanitasie en die Staande Komitee vir Finansies.


Dit kom nadat die Departement van Water en Sanitasie kennisgewings aan minstens 30 munisipaliteite oor die land heen uitgereik het. Hierin word munisipaliteite gewaarsku dat hul watertoevoer afgesny sal word indien hulle nie hul skuld betaal nie. Dié betrokke munisipaliteite se watertoevoer sal teen 8 Desember afgesny word indien die munisipaliteite nie skuld, wat langer as 60 dae uitstaande is, betaal nie. Intussen sê die Mangaung-metro se woordvoerder, Qondile Khedama, die munisipaliteit sal na verwagting vandag amptelik reageer op die kwessie. Die metro skuld sowat R349 miljoen aan Bloemwater. Die Kopanong-munisipaliteit skuld Bloemwater meer as R196 miljoen.

In Noordwes skuld die Madibeng-munisipaliteit bykans R60 miljoen, die JB Marks-munisipaliteit meer as R69 miljoen, en die Dr. Ruth Segomotsi Mompati-munisipaliteit skuld sowat R195 miljoen.

In die Noord-Kaap skuld die Dikgatlong-munisipaliteit sowat R53 miljoen. In die Vrystaat skuld die Ngwathe-munisipaliteit meer as R85 mijoen, die Mafube-munisipaliteit meer as R159 miljoen en die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit meer as R233 miljoen. Altesaam tien munisipaliteite, almal geleë in Sentraal-Suid-Afrika, skuld die Sedibeng-waterraad geld.

Die Matjhabeng-munisipaliteit skuld dié waterraad sowat R1,849 miljard en die Nala-munisipaliteit skuld meer as R126 miljoen. Albei dié munisipaliteite is in die Vrystaat. In Noordwes skuld die Mahikeng-munisipaliteit meer as R228 miljoen, Maquassi Hills skuld meer as R114 miljoen, Ditsobotla-munisipaliteit meer as R62 miljoen en die Ngaka Modiri Molema-distriksmunisipaliteit meer as R62 miljoen.

Die Noord-Kaapse munisipaliteite wat die Sedibeng-waterraad skuld, sluit Nama-Khoi (R97 miljoen), Tsantsabane (meer as R24,9 miljoen), Dikgatlong (R11 miljoen) en Gamagara (R8 miljoen) in.


Kliek hier vir nog OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.