On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Local News

Vermeende dief tokkel ‘misdaad-kitaar’

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:25 Thu, 23 Nov 2017

Vermeende dief tokkel ‘misdaad-kitaar’  | News Article

'n Verdagte van Heidedal, Bloemfontein, is aangekeer nadat hy beweerde gesteelde goedere, waaronder 'n kitaar ter waarde van sowat R38 000, by 'n plaaslike pandjieswinkel verkoop het.


Polisiewoordvoerder, Fikiswa Matoti, sê 'n 44-jarige man is gister kort ná middernag by 'n huis in hegtenis geneem nadat speurders van die Parkweg-polisiekantoor inligting ontvang het oor 'n booswig wat met 'n huisbraak in die stad verbind word. Volgens haar het die voorval vermoedelik in Julie vanjaar plaasgevind toe die einaars van die huis uitstedig was. ‘n Klag van huisbraak is op 19 Julie by die polisie aanhangig gemaak.

Speurders van die Parkweg-polisiekantoor, a.o. Pieter Louw en sy kollega a.o. Frank du Plessis, het inligting ontvang en opgevolg oor ‘n man wat vermoedelik vir die inbraak verantwoordelik was.

Matoti sê die verdagte was met sy inhegtenisneming in besit van vyf kameras wat hy na bewering by 'n huis in Westdene, 'n woonbuurt in Bloemfontein, gebuit het. Die beweerde gesteelde kitaar, wat aan ‘n plaaslike pandjieswinkel verkoop is, was van die gesteelde goedere met ‘n waarde van altesaam R60 000.

Die vermeende dief sal na verwagting môre in die plaaslike landdroshof op aanklagte van huisbraak en die besit van gesteelde goedere verskyn.


Kliek hier vir meer OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.