On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Local News

“Toy-Toy” word in Desember gevonnis

───   MARK STEENBOK 13:21 Mon, 23 Oct 2017

“Toy-Toy” word in Desember gevonnis  | News Article
Jaco "Toy-Toy" du Toit Foto: Mark Steenbok

‘n Bloemfonteinse motorfietsryer wat die skietdood van ‘n motorfietsryer van ‘n ander klub in 2014 veroorsaak het, is op klagte van strafbare manslag skuldig bevind.


Jaco "Toy-Toy" du Toit, 'n gewese polisieman van Pellissier, sal na verwagting op 7 Desember gevonnis word, meer as drie jaar nadat Michael Jacobs buite ‘n kuierplek in Raymond Mhlabastraat doodgeskiet is.

Du Toit het vroeër getuig dat hy uit noodweer opgetree het nadat ‘n onderonsie tussen die twee gewese vriende uitgebreek het. Hy het tydens kruisondervraging aan die hof vertel dat ‘n geveg tussen die twee uitgebreek het. Hy het beweer hy het met sy persoonlike vuurwapen begin skiet nadat Jacobs hom in ‘n wurggreep op die grond gehad het.

Hy het getuig dat hy amper sy bewussyn verloor het en toe geskree het: “Michael, jy wen.” Dit is toe dat vyf skote afgevuur is. Du Toit sê hy het geskiet net om Jacobs te laat skrik.

Vroeë getuienis het beweer dat Du Toit vir Jacobs van voor in die bors geskiet het. Du Toit sê egter dat dit nooit sy bedoeling was om vir Jacobs om die lewe te bring nie.

Landdros Marina Voges het Vrydag in haar uitspraak bevind dat Du Toit die perke van noodweer oorskry het.

Du Toit is op 'n klagte van poging tot moord, wat spruit uit 'n voorval in 2009, onskuldig bevind.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.