On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Local News

Wagte sluit hekke van Kby-hospitaal

───   13:11 Mon, 23 Oct 2017

Wagte sluit hekke van Kby-hospitaal | News Article

Veiligheidswagte van Karibuni Veiligheid het vanoggend die hekke van die Kimberley-hospitaal toegesluit en verhoed dat enige voertuie of selfs ambulanse die perseel betree.


Die wagte se optrede is glo die gevolg van 'n vergadering met die hoof van die Departement van Gesondheid, Steven Jonkers, wat nie gister plaasgevind het soos verwag nie.

OFM-nuus se korrespondent, Sandi Kwon-hoo, berig die polisie moes vroeër vanmiddag ontbied word om die hospitaal se hekke oop te sluit.

Die wagte het gewaarsku dat al die gesondheidsgeriewe teen môre gesluit sal word.

Hulle griewe handel oor 'n nuwe kontrak ter waarde van R224 miljoen wat teen 1 November met Defensor Sekuriteit sal inskop.

Die sekuriteitswagte sê hulle is in die donker gehou oor hul kontrakte. Die wagte was twee weke gelede ingelig dat hul kontrakte teen die einde van die maand sal verval.


OFM-nuus/Sandie Kwon-Hoo

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.