On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Verhoor oor seksuele gedrag by skole skop volgende week af

───   MARK STEENBOK 12:58 Wed, 18 Oct 2017

Verhoor oor seksuele gedrag by skole skop volgende week af | News Article

Die Noord-Kaapse Onderwysdepartement sê ‘n dissiplinêre verhoor vir die drie onderwysers wat daarvan beskuldig word dat hulle glo onvanpaste seksuele gedrag teenoor leerlinge by ‘n hoërskool in Kuruman geopenbaar het, sal volgende Woensdag begin.


Die woordvoerder, Lehuma Ntuane, sê die ondersoek in hierdie verband is nou afgehandel. Dit kom nadat die drie onderwysers by die skool geskors is nadat aantygings die ronde begin doen het. Die departement het ook aantygings ontken dat enige van die onderwysers by die skool leerders swanger gemaak het. Ntuane sê daar was egter bewyse van wangedrag.

Twee van die leerkragte is op 1 September in hegtenis geneem en is op borgtog van R500 vrygelaat. Hulle sal na verwagting weer volgende maand in die Mothibistad-landdroshof verskyn.

“Ons het die ondersoek in die saak afgehandel en die verhoor is vir tussen 25 en 27 Oktober geskeduleer. Bewyse was tydens die ondersoek beskikbaar dat van ons onderwysers moontlik onvanpaste seksuele wangedrag teenoor leerlinge getoon het,” sê Ntuane.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.