On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
NEXT: 19:00 - 23:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Local News

Nog niemand vas na aanvallers op polisieman skiet

───   MARK STEENBOK 12:50 Fri, 06 Oct 2017

Nog niemand vas na aanvallers op polisieman skiet | News Article

Wepener - Nog niemand is inhegtenis geneem nadat twee aanvallers hierdie week glo op ‘n polisiekonstabel van Wepener geskiet het.


Polisiewoordvoerder, Motantsi Makhele, sê die 30-jarige polisieman het Woensdagaand omstreeks 18:00 by die huis aangekom, toe twee onbekende mans hom aangeval en toe drie skote afgevuur het. 

Makhele sê die polisiebeampte is in die rug geskiet, maar danksy die koeëlvaste baadjie wat hy aangehad het, nie enige beserings opgedoen doen nie. 

Die motief vir die aanval is nog onbekend. 

Makhele sê die polisie sal nie enige aanvalle op hulle lede duld nie

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.