On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Local News

Statistikus-generaal sê swart studente sukkel steeds om mas op te kom

───   MARK STEENBOK 16:28 Tue, 26 Sep 2017

Statistikus-generaal sê swart studente sukkel steeds om mas op te kom | News Article
Statistikus-generaal van Suid-Afrika, Pali Lehohla. Foto: Pulane Choane

Swart jongmense sukkel steeds om die mas op te kom as dit by basiese onderrig en indiensneming kom.


Dit is volgens die Statistikus-generaal van Suid-Afrika, Pali Lehohla, wat vandag een van die gassprekers by ‘n dialoogsessie by die Universiteit van die Vrystaat was. Die dialoogsessie het gehandel oor hoe swart studente in Afrika bemagtig word om ‘n impak in die samelewing te maak.

Hy sê slegs 2.8% van die swart bevolking was in 2015/16 by tersiêre instellings ingeskryf teenoor die 31,3% wit, en 13.3% Indiër studente. Lehohla sê ook dat in vergelyking met voor 1994 is vaardighede onder swart studente besig om drasties af te neem.

Hy sê vir elke swart student wat sukses behaal, is daar ten minste vyf wit studente wat suksesvol is.

Lehohla sê dit is kommerwekend dat ongeveer 53.2% van studente wat sedert 1994 by tegniese kolleges studeer, tans nie werk het nie. “In ‘n land waar ons hierdie tegniese vaardighede benodig, moet ons vrae wat het verkeerd geloop? Wanneer jy na die studente met die nodige vaardighede voor 1994 en nou kyk, is die statistieke rede tot kommer,” sê Lehohla.

Hy sê verder dat studente in 2017 verskeie uitdagings in die gesig staar.

“Om te studeer in die land moet iemand ongelukkig daarvoor betaal. Ek dink nie die argument moet wees of onderrig in die land verniet is of nie. Ons moet vra wie vir die onderig moet betaal. Jy kan nie van ‘n student wat nog nie eens werk nie, verwag om self vir hul onderrig te betaal nie.

“Die probleem is dat swart studente nie soos voor 1994 deur kerke en organisasie gefinansieer word nie. Om matriek te hê was destyds ‘n groot mylpaal. Vandag is die argument egter dat al het jy die nodige onderrig, kry jy nie eens ‘n werk nie.

Jongmense moet ook vir kos, boeke en akkommodasie betaal. Hulle het ongelukkig nie die nodige finansiële hulp nie,” sê Lehohla.

Statistieke deur Statistiek Suid-Afrika toon dat 7.3% van studente met kwalifikasies werkloos is. Dit terwyl 58% van die ongeveer 433 000 mense wat oor die laaste jaar hul werk verloor het, tussen die ouderdomme van 15 en 34 is.

Die werkloosheidsyfer onder die jeug is tans op 38.6%.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.