On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Local News

Bloemfontein-egpaar se skietdood word ondersoek

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:37 Mon, 11 Sep 2017

Bloemfontein-egpaar se skietdood word ondersoek | News Article

Die polisie in Bloemfontein het ‘n geregtelike ondersoek begin nadat ‘n egpaar van Bloemside met skietwonde in die kop in hul huis gekry is.


‘n Dagblad berig die 46-jarige Nathan Maarsdorp en sy 32-jarige vrou, Megan, se lyke is Saterdagmiddag omstreeks 14:20 in hul huis in Sonvisstraat gevind. Nathan het na bewering eers sy vrou geskiet voordat hy die vuurwapen op homself gerig het. Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê ‘n 9mm-pistool is by die egpaar se lyke op die grond gevind en die polisie is in die proses om vas te stel aan wie die pistool behoort het en of dit wettig is.

Volgens haar het die egpaar Vrydag glo saam met bure in dié woonbuurt gekuier. Die bure het Saterdag ondersoek gaan instel toe hulle nie dié egpaar in die hande kon kry nie. Die besorgde bure het glo deur ‘n opening in ‘n buitedeur van die huis gekyk. Megan, wat gereeld deur mense besoek is om hulle hare te doen, was op ‘n rusbank in die huis. Daar het bloed by haar mond uitgekom, sê Mbambo. Die polisie is ontbied, waarna polisiebeamptes ‘n deur oopgebreek het om toegang tot die huis te verkry. Nathan se lyk het op die grond gelê, terwyl Megan se lyk in ‘n sittende posisie op ‘n rusbank was. Albei het ‘n skietwond aan die kop gehad. Die oorsaak van hulle dood sal in ‘n nadoodse ondersoek bepaal word.

Volgens Mbambo is die motief vir die skietery nog onbekend. Die polisieondersoek duur voort. Intussen het OFM-nuus betroubaar verneem dat daar vandag geen beweging by die moordhuis is nie.

Huldeblyke stroom sedert gister in op Megan se Facebook-blad. Cheryl Jones skryf dit is ‘n groot skok, “my vriendin”. “Mag jou siel in vrede rus.”


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.