On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Local News

Video: Polisie bevestig vier se dood in Bfn-skietvoorval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:22 Wed, 26 Jul 2017

Video: Polisie bevestig vier se dood in Bfn-skietvoorval | News Article
Foto: Mark Steenbok

Bloemfontein - Die polisie in Bloemfontein het 'n skietvoorval, waarin vier mense omstreeks middernag dood en drie beseer is, bevestig.


Polisiewoordvoerder, Thandi Mbambo, sê twee mans met klapmusse aan het gister omstreeks 23:45 by 'n huis in die Chris Hani informele nedersetting ingestorm. Een van die mans was gewapen en het verskeie skote afgevuur.

Sy sê nadat die mans toegang tot die huis verkry het, het die aanvaller, wat gewapen was, willekeurig op ‘n groep mense wat nog wakker was en in die huis gesit het, losgebrand. Vier mans tussen die ouderdomme van 16 en 32 is noodlottig gewond, terwyl drie mense met ernstige beserings na hospitale vervoer is. Sy sê dit is steeds onduidelik of die slagoffers ‘n partytjie gehou het of net saamgekuier het.

Volgens Netcare 911 se woordvoerder, Nick Dollman, is 'n vrou in die kop gewond en is sy, kort nadat sy op die toneel gestabiliseer is, na 'n plaaslike hospitaal gehaas. Dollman sê paramedici is deur polisiebeamptes na die toneel vergesel.

Mbambo sê niks is uit die huis gebuit nie. Die motief vir die voorval is onbekend en dit is steeds onduidelik hoe die mans van die toneel af gevlug het. Sy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.